Gaan na inhoud

Kanaaleilande: Verskil tussen weergawes

Geen grootteverandering nie ,  2 jaar gelede
Feitefout
k (→‎top: Koördinate using AWB)
(Feitefout)
 
In 1066 het die hertoë van Normandië Engeland verower, maar 'n tyd later hul vastelandse Normandiese grondgebied kwytgeraak. Die Kanaaleilande was die laaste en enigste deel van hul oorspronklike stamland wat toe nog trou aan hulle gesweer het.
 
Alhoewel die [[Lys van monarge van Brittanje|Koningin van Engeland]] in haar funksie as Hertogin"Hertog" van Normandië die staatshoof van die eilande is, maak hulle administratief nie deel uit van die Verenigde Koninkryk nie. As laaste oorblyfsel van die Hertogdom van Normandië is hulle 'n Britse Kroongebied met selfregering. Chausey is die enigste eilandgroep wat tot Frankryk behoort.
 
Die mees noordelike eiland is [[Alderney]] (sowat 80 kilometer van Engeland en 13 kilometer van Frankryk af), wat deur die klein eilande Burhou, Ortac en die Casquets omring word. 25 kilometer suidwes van Alderney lê [[Guernsey]] met die kleiner eilande [[Sark]], Lihou, Herm en Jethou. 24 kilometer suidoos van Guernsey lê [[Jersey]] met Les Ecrehou en die Minquiers-rotsbank. 45 kilometer suid van Jersey en 83 kilometer van Alderney af lê die klein eilandgroep van Chausey, waarvan net een eiland bewoon is. Die laasgenoemde behoort tot Frankryk.