Verskil tussen weergawes van "Afrikanerweerstandsbeweging"

Jump to navigation Jump to search
k
k
[[Lêer:AWB Rally, Church Square, Pretoria.jpg|duimnael|Demonstrasie van die AWB in 1990 in [[Pretoria]].]] Vanweë sy oratoriese vermoëns lok in die middel 1980’s groot gehore regoor die land met hom as spreker. Die AWB groei in hierdie tyd ook baie sterk, hoewel die militêre styl van die organisasie baie Afrikaners afskrik. Die AWB het byna 70 000 lede gehad in hierdie tydperk.
 
In Desember 1982 word Terre’Blanche en nog agt AWB-lede gearresteer na ’n klopjag deur die polisie waarin wapenopslagplekke op die plaas van sy broer, Andries Terre’Blanche gevind is. In Julie 1983 word hy en drie ander AWB-lede aangekla vir handelinge in stryd met die Wet op [[Terrorisme]], terroriste bedrywighede en ander klagtes met betrekking tot die besit van onwettige wapentuig. Hy word in Oktober 1983 skuldig bevind en tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis, wat opgeskort word vir vyf jaar. Na die stigting van die Afrikaner Volkswat op 5 Mei 1984 het die steun vir die AWB verder toegeneem weens die hoë publisiteit wat Eugène Terre’Blanche geniet het na sy toespraak tydens die stigtingsplegtigheid.<ref name="Kemp-3">{{cite book |last=Kemp |first=Arthur |title=Oorwinning of geweld: die verhaal van die AWB van Suid-Afrika |publisher=Ostara Publications |year=2012 |language=Engels |edition=3de |chapter=Hoofstuk drie: Die regse opkoms }}</ref>
 
Die AWB het verdere bekendheid verwerf deur die [[Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking|Minister van Buitelandse Sake]], [[Pik Botha]] op 22 Mei 1986 te verhoed om in [[Pietersburg]] (vandag [[Polokwane]]) ’n politieke vergadering te hou. Die ontperking van die [[African National Congress]] en die onderhandelinge tot ’n veelrassige staat, lei tot nog AWB-optrede, hierdie keer tot binne in die Wêreldhandelsentrum in [[Kemptonpark]] naby [[Johannesburg]] op 25 Junie 1993. By dié veelpartykonferensie bars AWB-lede met geweld in en ontwrig die verrigtinge.
 
Terre’Blanche het die einde van die [[apartheid]]sbeleid as ’n uitlewering van die Afrikaner tot [[kommunisme]] gesien en gedreig met [[burgeroorlog]] indien president [[Frederik Willem de Klerk]] die mag aan die ANC oorhandig. Dit lei tot De Klerk se aandrang om ’n politieke vergadering in Terre’Blanche se tuisdorp, Ventersdorp, te hou. Die AWB probeer die vergadering ontwrig en in die geweld tussen die polisie en AWB-ondersteuners, word AWB-lede doodgeskiet.
12 611

wysigings

Navigasie-keuseskerm