Verskil tussen weergawes van "Epiteelweefsel"

Jump to navigation Jump to search
866 grepe bygevoeg ,  14 jaar gelede
+afdelings
(Nuwe artikel)
 
(+afdelings)
'''Epiteelweefsel''' is [[weefsel]] wat bestaan uit [[sel]]le kenmerkend styf teen mekaar gerangskik met min [[tussenmateriaal]] (tussenstof) en feitlik geen [[tussenselruimte]]s nie. Epiteelweefsel kom in een of meer sellae voor. Volgens die getal selle waaruit dit bestaan, word epiteelweefsel verdeel in twee groepe, naamlik [[eenvoudige epiteel]] (een laag selle) en [[saamgestelde epiteel]] (meer as een laag selle). Die vernaamste soorte epiteelweefsels is [[plaveiselepiteel]], [[kubusepiteel]], [[kolomepiteel]], [[wimperepiteel]] en [[klierepiteel]].
 
==Plaveiselepiteel==
[[Plaveiselepiteel]] bestaan uit 'n enkele laag dun, groot, plat [[sel]]le wat soos vloerteëls langs mekaar gepak is in die vorm van 'n [[mosaïekpatroon]]. Plaveiselepiteel kom in die wande van [[longsakkie]]s voor en voer [[bloedvat]]e aan die binnekant uit. Ook die [[mond]], [[slukderm]] en [[vagina]] is daarmee uitgevoer.
 
==Kubusepiteel==
[[Kubusepiteel]] is epiteelselle met 'n kubiese voorkoms, dit wil sê hulle is min of meer net so lang soos hulle breed is. Van bo gesien, lyk hulle egter veelkantig, heel dikwels met ses kante. Kubusepiteel kom in [[klier]]e soos die [[skildklier]] voor en voer ook die [[nierbuisie]]s uit.
 
==Kolomepiteel==
[[Kolomepiteel]] of silinderepiteel is in 'n lengtesnid suilvormig of kolomvormig, dit wil sê hulle is langer as wat hulle wyd is. Kolomepiteel voer die [[maag]] en die [[dunderm]] uit.
 
==Bronne==
15 452

wysigings

Navigasie-keuseskerm