Verskil tussen weergawes van "Grey-kollege"

Jump to navigation Jump to search
221 grepe bygevoeg ,  13 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe blad: '''Grey-kollege''' is 'n parallelmedium seunskool in Bloemfontein en word allerweë as een van Suid-Afrika se voorste skole beskou. Sir George Grey, Kaapse goerwerneur, het t...)
 
'''Grey-kollege''' is 'n parallelmedium seunskool in [[Bloemfontein]] en word allerweë as een van [[Suid-Afrika]] se voorste skole beskou.
 
==Ontstaan==
Sir [[George Grey]], Kaapse goerwerneur, het tydens 'n besoek aan die nuwe Republiek van die OVS op [[13 Oktober]] [[1855]] 'n bedrag van £5 000 aan die [[Nederduitse Gereformeerde Kerk]] geskenk vir die oprigting van die Kollege in [[Bloemfontein]]. Die skool is amptelik op [[17 Januarie]] [[1859]] met ds. (later dr.) [[Andrew Murray]] as eerste skoolhoof geopen. Die modelrepubliek, [[Bloemfontein]] en Grey-kollege het saam gegroei en ontwikkel - die skool onder leiding van skoolhoofde soos dr. Johannes Brill, mnre. James Lyle, Jock Meiring, J.M.B. Faure, A.K. Volsteedt, J.L. Cronje en dr. M.G. Heyns. Sedert [[1993]] is mnr. Johan Volsteedt die skoolhoof.
 
In [[1950]] is die sekondêre skool en die primêre skool geskei en het die primêre afdeling vinnig ontwikkel onder andere onder mnre. C.C.R Bornman, Steve Strydom en Chris Bester. Vanaf 1992 is mnr Lindsay Mould die skoolhoof van die primêre skool.
 
==Vandag==
Grey-kollege is een van die bekendste skole in die land en sy oudleerders word in alle vertakkinge van die samelewing aangetref, nie net in [[Suid-Afrika]] nie, maar selfs in die buiteland. Die skool bied parallelmediumonderrig afsonderlike klasse aan [[Afrikaans]]e en [[Engels]]e leerders, wat andersins saam sosialiseer, in die koshuise woon en aan buitemuurse bedrywighede deelneem. Die skool is wyd bekend vir sy akademiese en sportprestasies. Onder sy oudleerlinge is die rugbykaptein [[Morné du Plessis]], asook die krieketkapteins [[Kepler Wessels]] en [[Hansie Cronje]].
 
==Eksterne skakels==
85 757

wysigings

Navigasie-keuseskerm