Verskil tussen weergawes van "Kanadese nasionale rugbyspan"

Jump to navigation Jump to search
skakels
(Vanaf Kanada se nasionale rugbyspan)
 
(skakels)
| Wêreldbekerverskynings = 5
| jaar = 1987
| beste = Kwarteindstryd, [[1991 Rugby Wêreldbeker 1991|1991]]
}}
Die '''Kanadese nasionale rugbyspan''' verteenwoordig [[Kanada]] in internasionale [[rugby]]. Die span word bestuur deur Rugby Canada, en die span speel gewoonlik in rooi en swart. Kanada neem deel in kompetisies soos die [[Churchill-Beker]] en die [[Rugby Wêreldbeker]]. Die reuse grootte van Kanada beteken dat rugbytalent oor die land verstrooi is wat afrigters en keurders se taak bemoeilik. Die Kanadese klimaat is ook vir groot dele van die jaar in baie dele van die land nie geskik vir die speel van rugby nie.
 
Kanada speel reeds sedert die 1930's internasionale rugby en die land het sy debuut in [[1932]] teen [[Japan nasionale rugbyspan|Japan]] gemaak. Kanada het in elke Wêreldbeker deelgeneem sedert die toernooi vir die eerste keer in [[1987 Rugby Wêreldbeker 1987|1987]] gehou is. Kanada se beste uitslag in die Wêreldbeker tot dusver was om die kwarteindstryd te bereik in [[1991 Rugby Wêreldbeker 1991|1991]].
 
==Geskiedenis==
[[Beeld:Canada rugby team during anthems at RWC.jpg|thumb|right|250px|Die span van Kanada tydens die sing van die volksliedere in die span se wedstryd teen Wallis op 9 September 2007 tydens die Rugby Wêreldbeker]]
[[Beeld:Canada try against Wales RWC07.jpg|thumb|right|250px|Kanada oppad om 'n drie te druk teen Wallis in hulle poel B wedstryd tydens die 2007 Rugby Wêreldbeker]]
Kanada was een van die 16 nasies wat deur die [[Internasional Rugbyraad]] (IRB) uitgenooi is om in die eerste [[Rugby Wêreldbeker]] in [[1987 Rugby Wêreldbeker 1987|1987]], wat deur [[Australië]] en [[Nieu-Seeland]] aangebied is. Kanada is in dieselfde groep as [[WallisWalliese nasionale rugbyspan|Wallis]], [[Ierland nasionale rugbyspan|Ierland]] en [[Tonga nasionale rugbyspan|Tonga]] in Poel 2 geloot. In hulle heel eerste Rugby Wêreldbeker het hulle Tonga 37-4 verslaan. Hulle het egter die res van hulle wedstryde teen Ierland 46-19 en Wallis 40-9 verloor om derde in die poel te eindig wat beteken het dat hulle nie na die kwarteindstryd deurgedring het nie.
 
Kanada moes vir die [[1991 Rugby Wêreldbeker 1991|1991 Wêreldbeker]] kwalifiseer, en het aan die Amerika toernooie deelgeneem om dit reg te kry. Kanada het eerste geëindig om vir Poel D te kwalifiseer om daar teen [[Frankryk nasionale rugbyspan|Frankryk]], [[Roemenië nasionale rugbyspan|Roemenië]] en [[Fidji nasionale rugbyspan|Fidji]] deel te neem. Kanada het met Fidji en Roemenië afgereken maar 19-13 teen Frankryk verloor om tweede in die poel te eindig en na die kwarteindstryd deur te dring. Hulle is in die kwarteindstryd deur die [[All Blacks]] uitgeskakel met 'n 29-13 oorwinning deur Nieu-Seeland in [[Lille]].
 
In 'n beroemde wedstryd op [[10 November]] [[1993]] het hulle [[WallisWalliese nasionalspannasionale rugbyspan|Wallis]] 26-24 by [[Cardiff Arms Park]] geklop; en Frankryk op [[4 Junie]] 1994 18-16 by Twin Elms Rugby Park in Nepean, Ontario geklop. Op [[27 Junie]] 2000 het hulle 27-27 gelykop gespeel teen Ierlandby Markham, Ontario. In 2002 het hulle 'n 26-23 oorwinning teen [[Skotland nasionale rugbyspan|Skotland]] in [[Vancouver, Brits-Kolombië]] op 15 June geklop. Die oorwinning oor Skotland was die eerste van sewe oorwinnings voor hulle teen Wallis op in [[Cardiff]] verloor het.
 
Kanada kon in ses wedstryde nie daarin slaag om [[Engeland nasionale rugbyspan|Engeland]] te klop nie. Hulle het egter reeds elf keer teen Engeland se nasionale XV, B span, en Onder-23 spanne gespeel<!-- (for which Canada awarded its players international caps.)-->. Die vernaamste uitslag was 'n 15-12 oorwinning oor 'n sterk England XV op [[29 Mei]] [[1993]] by Swangard Stadion in Burnaby. Ongelukkig vir die Kandese het die Engelse bestuur op die vooraaand van die wedstryd besluit om die wedstryd nie as 'n toets te beskou nie (aangesien sommige van hulle spelers saam met die Britse en Ierse Leeus op toer in Nieu-Seeland was.) Verder het Kanada voor hulle die amptelike span van Skotland in 2002 geklop het, het hulle 'n Skotland XV 24-19 op [[25 Mei]] [[1991]] by St. John, New Brunswick verslaan.
2 900

wysigings

Navigasie-keuseskerm