Verskil tussen weergawes van "Toastmasters International"

Jump to navigation Jump to search
Uitbreiding van artikel
(Begin van artikel - moet nog voltooi word.)
 
(Uitbreiding van artikel)
Toastmasters Internasionaal is 'n wêreldwye nie-winsgewende organisasie wat toegespits is op die ontwikkeling van vaardighede in leierskap en kommunikasie.
Toastmasters Internasionaal is 'n wêreldwye nie-winsgewende organisasie wat toegespits is op die ontwikkeling van vaardighede in leierskap en kommunikasie. Die organisasie is in [[1924]] begin deur die stigter [[Dr. Ralph C. Smedley]] toe hy die eerste klub begin het in 'n kelder in [[Santa Ana]], Kalifornië. Sy doel met die klub was "om vaardighede en opleiding te verskaf in die kuns om in die openbaar aanbiedings te maak, in die voer van vergaderings en om 'n sosiale en goeie gemeenskap onder lede te bevorder." Die jong klub het so goed gevaar dat die eksperiment gou bekend geraak het. Verskeie mense en gemeenskappe het begin toestemming vra om soortgelyke klubs te skep. In 1930 is 'n federasie geskep om die aktiwiteite van klubs te koördineer. Toastmasters het die naam Toastmasters Internasionaal aangeneem na aanleiding van 'n toespraakklub, in [[New Westminister]], [[Kanada]] belangstelling getoon het om deel te word van die organisasie.
 
== Geskiedenis ==
Toastmasters Internasionaal is 'n wêreldwye nie-winsgewende organisasie wat toegespits is op die ontwikkeling van vaardighede in leierskap en kommunikasie. Die organisasie is in [[1924]] begin deur die stigter [[Dr. Ralph C. Smedley]] toe hy die eerste klub begin het in 'n kelder in [[Santa Ana]], Kalifornië. Die klub se naam was "Toastmasters". Sy doel met die klub was "om vaardighede en opleiding te verskaf in die kuns om in die openbaar aanbiedings te maak, in die voer van vergaderings en om 'n sosiale en goeie gemeenskap onder lede te bevorder." Die jong klub het so goed gevaar dat die eksperiment gou bekend geraak het. Verskeie mense en gemeenskappe het begin toestemming vra om soortgelyke klubs te skep. 'n Jaar later is 'n tweede klub in [[Anaheim]], [[Kalifornië]] begin en 'n derde in Los Angeles. In 1930 is 'n federasie geskep om die aktiwiteite van klubs te koördineer. Toastmasters het die naam Toastmasters Internasionaal aangeneem na aanleiding van 'n toespraakklub, in [[New Westminister]], [[Kanada]] belangstelling getoon het om deel te word van die organisasie.Toastmasters Internasionaal se hoofkantoor het bestaan uit gehuurde kantore in Suid-Kalifornië tot en met 1962, waarna die hoofkantoor verskuif het na [[Santa Ana]] naby die plek waar die eerste klub ontmoet het. Toenemende groei het die vraag na beter fasiliteite tot gevolg gehad en die hoofkantoor is in 1990 verskuif na Rancho Santa Margarita, Kalifornie, ongeveer 32km suid van Santa Ana. Die basiese opleidingshandleiding van 15 projekte wat deur Smedley ontwikkel is het uitgebrei tot 'n program van handleidings en ander materiaal wat lede help om vaardighede te ontwikkel in luister, die gee van terugvoer, besluitneming, delegering en mentorskap.
1 359

wysigings

Navigasie-keuseskerm