Verskil tussen weergawes van "Katedraal van Vilnius"

Jump to navigation Jump to search
k
→‎20ste eeu: proeflees
k (→‎20ste eeu: proeflees)
Gedurende die [[Eerste Wêreldoorlog]] is die kerk deur Duitse soldate geplunder, en ná die oorlog het sowel die Poolse asook die Litause Katolieke gemeentes van Vilnius aanspraak op die katedraal gemaak. Toe die Vilnius-gebied uiteindelik aan [[Pole]] oorhandig is, is alle misse in die katedraal vanaf 1923 uitsluitlik in Pools gehou. In 1925 het die Sint-Stanislauskatedraal die amptelike setel van die nuwe aartsbisdom Vilnius geword, terwyl die westelike gebiede van die voormalige bisdom Vilnius, wat Litaus gebly het, in die nuwe bisdom Kaišiadorys verenig is.
 
In 1931 is krake in die katedraal se mure ontdek, en vanaf die volgende jaar is omvangryke herstelwerk uitgevoer wat eers in 1939 voltooi was. Onder die Kasimir-kapel is 'n nuwe kripte aangelê.
 
Ná die [[Tweede Wêreldoorlog]] is die katedraal as gevolg van die Sowjet-owerheid se ateïstiese beleid in 1949 gesluit. Aanvanklik is oorweeg om dit tot 'n motorwerkswinkel om te skep.<ref>Tomasz Torbus en Barbara Warning: ''Baltische Staaten. Estland • Lettland • Litauen • Kaliningrad''. München: Nelles 2009, bl. 56</ref> Terwyl die kerkgebou vir drie jaar leeggestaan het, is verskeie kere ingebreek en kunswerke gesteel. Vanaf 1953 is die katedraal tot 'n kunsgalery omgebou wat in 1956 ingewy is. Die sterflike oorskot van Sint Kasimir is reeds in 1953 na die Pieter-en-Paulus-kerk oorgeplaas.
 
In 1989 is die katedraal weer aan die Rooms-Katolieke Kerk oorhandig en met 'n mis op [[5 Februarie]] [[1989]] deur biskop Julijonas Steponavičius (1911-1991) feestelik heringewy.<ref>Marianna Butenschön: ''Estland, Lettland, Litauen. Das Baltikum auf dem langen Weg in die Freiheit''. München: R. Piper 1992, bl. 242</ref> Op [[3 Maart]] [[1989]], een dag voor sy naamdag, is die sterflike oorskot van Sint Kasimir met 'n plegtige prosessie weer na die Kasimir-kapel teruggeplaas. Die derde belangrike gebeurtenis in 1989 was die kersfeesmis in die katedraal wat - ná taai onderhandelinge met die Staatskomitee vir Televisie en Radio (''Gosteleradio'') in [[Moskou]] - deur die openbare Duitse uitsaaier ''Südwestfunk Baden-Baden'' in samewerking met die Litause uitsaaikorporasie regstreeks na [[Duitsland]], [[Switserland]], [[Oostenryk]], die [[Verenigde State]] en [[Japan]] uitgesaai is.<ref>Butenschön (1992), bl. 250-51</ref>
 
== Argitektuur ==
28 939

wysigings

Navigasie-keuseskerm