Verskil tussen weergawes van "Katedraal van Vilnius"

Jump to navigation Jump to search
k
k (→‎20ste eeu: + skakel)
 
Die eerste biskop van Vilnius, Andrej Vasila, het die katedraal se eerste grafkapel in 1397 vir homself laat bou. Tydens opgrawings is in 1985 'n kripte blootgelê wat as enigste met muurskilderye versier was - moontlik is dit die graf van Vytautas. 'n Fragment, wat bewaar gebly het, toon Jesus aan die kruis, met Maria en Johannes wat by hom staan. Dit is die oudste bekende muurskildery in Litaue.<ref>[http://www.lituanus.org/1990_1/90_1_04.htm ''www.lituanus.org'' - Algimantas Kajackas: ''The History and Recent Archaeological Investigations of the Vilnius Cathedral''. In: ''Lituanus, Lithuanian Quarterly Journal of Arts and Sciences'', volume 36, nommer 1 - lente 1990]</ref>
 
Die Goštautas-kapel - die derde kapel aan die regterkant - huisves Renaissance-grafmonumente wat deur Bernardino Zanobia de Gianotti en Giovanni Maria Padovano, Italiaanse boumeesters wat in [[Krakau]] werksaam was, geskep is.
 
Oor die eeue heen is steeds nuwe kapelle by die katedraal gevoeg of later omgebou. Die argitek Stuoka-Gucevičius het met sy simmetriese ontwerp moeite gedoen om die kapelle tot 'n harmonieuse argitektoniese eenheid om te vorm. Sedertdien is daar elf kapelle in die katedraal, waarvan die Valavičiuskapel (die eerste kapel aan die linkerkant) met sy oorspronklike mure uit die Renaissance-tydperk en die beroemde Kasimir-kapel die oudstes is. Die enigste kapel wat nie deur Stuoka-Gucevičius omgebou is nie, is die Koningskapel. Moontlik het die Latynse inskrif oor die ingang (''Violator huius operis infelix esto'' - "Die vernietiger van hierdie werk sal verdoem wees") hierby 'n rol gespeel.<ref>Torbus/Warning (2009), bl. 58</ref>

Navigasie-keuseskerm