Thomas Upington: Verskil tussen weergawes

Jump to navigation Jump to search
geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe blad: Sir '''Thomas Upington''' (Cork, Engeland, 1845 - Wynberg, 10 Desember 1898) was 'n regsleerde, staatsman en eerste minister van die Kaapkolonie van 13 Mei...)
 
No edit summary
Sir '''Thomas Upington''' ([[Cork]], [[Engeland]], [[1845]] - [[Wynberg]], [[10 Desember]] [[1898]]) was 'n regsleerde, staatsman en vierde eerste minister van die [[Kaapkolonie]] van [[13 Mei]] [[1884]] tot [[24 November]] [[1886]], die opvolger van sir [[Thomas Scanlen]] en voorganger van sir [[Gordon Sprigg]], wie se tweede uit vier termyne tot 1890 sou duur.
 
Hoewel Upington Katoliek was, is hy in 1861 tot die Trinity College in [[Dublin]], [[Ierland]], toegelaat. Hy word in 1867 advokaat en vertrek in 1874 na die [[Kaapkolonie]]. In 1878 word hy lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering en minister van justisie in sir [[Gordon Sprigg]] se kabinet. In 1884 word hy eerste minister van die [[Kaapkolonie]], maar bedank in 1886 ten gunste van Sprigg, hoewel hy aanbly as minister van justisie. Hy woon in 1887 die koloniale konferensie in [[Londen]] by en word geridder. In 1892 word hy aangestel as junior strafregter in die Kaapse hooggeregshof en word in 1896 nogmaals minister van justisie, weereens in Sprigg se kabinet, wat toe die derde maal eerste minister was. Hy sterf twee jaar later in [[Wynberg]], naby [[Kaapstad]].
85 944

wysigings

Navigasie-keuseskerm