Verskil tussen weergawes van "Bespreking:Orania"

Jump to navigation Jump to search
574 grepe bygevoeg ,  15 jaar gelede
: Ek dink dit is wel gepas. Hoewel Orania nie die oorspronklike visie probeer implementeer nie is dit tog duidelik verwant in die sin dat dit baie van dieselfde beginsels op 'n kleiner skaal probeer implementeer. Die Verwoerd nasate is ook baie betrokke. Ek dink dus iemand wat in Apartheid belangsstel sal graag bewus gemaak wil word van Orania. [[Gebruiker:Laurens|Laurens]] 07:47, 11 Januarie 2006 (UTC)
:: Ek probeer hard om saam te stem, maar sukkel 'n bietjie. Vir die doel van NPOV wonder ek of inwoners/aanhangers van Orania gelukkig sal wees met hierdie kategorisering. "Apartwees" is omtrent so ver as wat dit gaan. Hulle gebruik slegs eie arbeid, byvoorbeeld. Sal nog bietjie moet dink. --[[Gebruiker:Alias|Alias]] 10:58, 11 Januarie 2006 (UTC)
:::Ek is weer geneig om met Laurens saam te stem. Hier word in die artikel byvoorbeeld verwys na Blanke armoede en nie Afrikaner armoede nie. Dit wil dus voorkom asof dit eerder 'n poging is om 'n rasgebaseerde eksklusiewe enklawe te skep eerder as een wat op kultuur gebaseer is. Ek vermoed 'n Engelsprekende blanke persoon wat Afrikaans glad nie magtig is nie baie meer welkom daar gaan wees as 'n Afrikaanssprekende gekleurde of swart persoon. Miskien moet dit dus eerder onder die kategorie rassisme val? :) --[[Gebruiker:Renier Maritz|RM]] 10:11, 6 April 2006 (UTC)
8 945

wysigings

Navigasie-keuseskerm