Verskil tussen weergawes van "Maatsteen"

Jump to navigation Jump to search
1 greep bygevoeg ,  9 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
'''Maatsteen''' is natuurlike steen of [[Rots (geologie)|rots]] wat geselekteer en gefabriseer (d.i. afgewerk, gesny, geboor, geslyp of ander) is in spesifieke groottes of vorme. Kleur, [[Tekstuur (geologie)|tekstuur]] en patroon, en oppervlakafwerking van die steen is ook normale vereistes. Nog 'n belangrike seleksiekriterium is duursaamheid: – die tydsbestek van die vermoë van maatsteen om stand te hou en die noodsaaklike en kenmerkende eienskappe van sterkte, weerstand teen verwering, en voorkoms te behou.<ref>ASTM, C18, C119-08 Standard Terminology Relating to Dimension Stone", ASTM, 2008, p.8 ISBN 0-8031-4118-1</ref>
 
Steengroewe wat maatsteen of [[gruisklip]] (gebruik as [[konstruksieaggregaat]]) produseer is verwisselbaar. Aangesien meeste steengroewe enige van die twee kan produseer, kan 'n gruisklip-steengroef omgeskakel word na maatsteenproduksie. Alvorens moet die verbryselde steenreste van blindelingse skietwerk eersegter verwyder word. Maatsteen word gesplyt deur meer presiese en delikate tegnieke, soos diamantdraadsae, diamantbeltsae, branders (vlymstrale),<ref>Beskrywing van 'n [http://encyclopedia2.thefreedictionary.com/Jet-Piercing+Drill vlymstraal]</ref> of lig en selektiewe skieting met [[Primacord]], 'n swak [[springstof]].
 
==Verwysings==
10 160

wysigings

Navigasie-keuseskerm