Sterkastaiing

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Sterkastaiing
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Tracheophyta
Klas: Magnoliopsida
Orde: Malvales
Familie: Malvaceae
Genus: Sterculia
Spesie: Sterculia rogersii
Binomiale naam
Sterculia rogersii
N. E. Brown

Die sterkastaiing (Sterculia rogersii) is 'n dik- en meerstammige boom of struik. Dit kom voor in Limpopo en die Laeveld in Suid-Afrika. Die boom leef in klipbanke en koppies. Hulle word 2-5m hoog. Die boom is bladwisselend en dikwels vir lang tye blaarloos. Die bas is liggrys, skilfer af om pienk of geel kolle te ontbloot. Die blare is enkelvoudig, drielobbig, grysgroen bo en ligter en fluweelagtig onder. Die blaar vergeel eers voor hy val. Die blomme is groenerig pienk en in oorvloed vanaf Julie tot Januarie.

Vrugte
Blomme
Boomstamme

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]