Stiermarkse Grand Prix

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die Red Bull Ring

Die Stiermarkse Grand Prix (Duits: Großer Preis der Steiermark) is 'n Formule Een-motorwedren wat by die Red Bull Ring gehou word. Die eerste ren is in 2020 aangebied.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

2020[wysig | wysig bron]

Die Covid-19-pandemie in 2020 het tot die erge ontwrigting van die oorspronklike renkalender gelei, met 'n aantal renne wat gekanselleer is. Die Stiermarkse Grand Prix is, soos verskeie ander nuwe of terugkerende Grands Prix, by die hersiene kalender gevoeg as 'n eenmalige wedren om vir die verlies aan ander renne op te maak. [1] Lewis Hamilton van Mercedes het voorste gekwalifiseer en ook die wedren gewen.

2021[wysig | wysig bron]

Ondanks die oorspronklike voorneme dat die Grand Prix van Stiermarke in 2020 as 'n eenmalige byeenkoms gehou sou word, het die byeenkoms in 2021 teruggekeer as die agtste rondte van die kampioenskap om die Turkse Grand Prix te vervang, wat uitgestel is weens reisbeperkings tydens die Covid-19-pandemie.[2]

Vorige wenners van die Stiermarkse Grand Prix[wysig | wysig bron]

Al die Stiermarkse Grands Prix is op die Red Bull Ring gehou.

Jaar Renjaer Vervaardiger Verslag
2021 Vlag van Nederland Max Verstappen Vlag van Oostenryk Red Bull-Honda Verslag
2020 Vlag van Verenigde Koninkryk Lewis Hamilton Vlag van Duitsland Mercedes Verslag

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "F1 confirms first 8 races of revised 2020 calendar, starting with Austria double header". F1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 2 Junie 2020.
  2. "2021 F1 calendar reshuffled, as Turkey drops off and extra Austria race added". www.formula1.com (in Engels). Formula One. 2021-05-14. Besoek op 2021-05-14.