Strangford

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Strangford

Baile Loch Cuan (Iers-Gaelies)
Strungford (Ulster-Skots)
The Square
The Square
Ligging van Strangford op 'n kaart (Noord-Ierland)
Strangford
Strangford
Koördinate: 54°22′14.52″N 5°33′19.69″W / 54.3707000°N 5.5554694°W / 54.3707000; -5.5554694Koördinate: 54°22′14.52″N 5°33′19.69″W / 54.3707000°N 5.5554694°W / 54.3707000; -5.5554694
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land (VK) Noord-Ierland
County Down
Bevolking (2011)
 - Dorp 495
Tydsone MGT (UTC+00:00)
 - Somer (DST) BST (UTC+01:00)
Poskode BT30
Skakelkode(s) 028

Strangford (afgelei van Oudnoors Strangr-fjǫrðr, "sterk fjord"[1]) is 'n klein nedersetting by die mond van Strangford Lough in die Noord-Ierse graafskap Down, met 'n bevolking van 495 volgens die sensus van 2011.

Strangford se dorpsbeeld word oorheers deur reekse 19de eeuse kothuise en Georgiaanse terrashuise wat 'n uitsig oor die dorp se klein hawe bied.

Transport NI, 'n uitvoerende agentskap van die Noord-Ierse Departement vir Infrastruktuur, bedryf 'n veerbootdiens wat Strangford met Portaferry aan die teenoorliggende oewer van Strangford Lough verbind. Terwyl die veerbootroete oor 'n afstand van slegs 0,6 nautiese myl of 1,1 km strek, met 'n gemiddelde vaartyd van agt minute, is die padafstand tussen die twee nedersettings sowat 75 km (een en 'n half uur se motorrit).

Verwysings[wysig | wysig bron]