Strepieskepper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Strepieskepper
Strepieskepper by Moreletakloofnatuurreservaat
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)[1]

Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
Orde: Odonata
Familie: Libellulidae
Genus: Orthetrum
Spesie: O. caffrum
Binomiale naam
Orthetrum caffrum
(Burmeister, 1839)

'n Strepieskepper (of Two-striped skimmer en White-lined skimmer soos dit in Engels bekend staan),[2][3] is 'n naaldekoker, Orthetrum caffrum, en behoort tot die familie van Libellulidae.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Liggaamslengte: 40-41 mm. Agtervlerklengte: 28.5-29.5 mm. Die mannetjie is ligblou. Albei geslagte het twee wit torakale strepe en 'n opvallende wit streep tussen die vlerke. Die enigste ander spesie met twee kantstrepe is die groter Orthetrum julia capicola wat minder duidelike strepe het, en 'n grys (nie wit) streep tussen die vlerke.[3]

Verspreiding[wysig | wysig bron]

Dit kom voor vanaf Suider-Afrika en Madagaskar tot by die Sahel en die suidweste van die Arabiese Skiereiland. In Suid-Afrika kom dit voor in die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap en is algemeen in die Drakensberge.[4]

Habitat[wysig | wysig bron]

Die spesie kom voor by byna alle vorme van varswaterhabitatte (bv. stadig-vloeiende riviere, moerasse, vleie, permanente en tydelike poele, damme, klein dammetjies en fonteine). Hulle sit gewoonlik op lang grasse en riete langs strome en riviere.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]