Botterklapper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Strychnos madagascariensis)
Jump to navigation Jump to search

Botterklapper
Swartklapper
Strychnos madagascariensis (4337703118).jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. madagascariensis
Binomiale naam
Strychnos madagascariensis
Poir.

Die botterklapper (Strychnos madagascariensis) is 'n boom wat wydverspreid noord van die Vaalrivier voorkom. In die kuswoude van KwaZulu-Natal is die boom groter en slanker. Die boom staan ook bekend as die swartklapper. Dit is inheems aan Eswatini, Mosambiek en Suid-Afrika en kom voor in die provinsies KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[1]

Blare en vrugte[wysig | wysig bron]

Die blare is leeragtig, blink en donkergroen aan die bokant en lig groen aan die onderkant. Die blare is ook gewoonlik harig. Die vrugte is blouerig-groen wanneer hulle jonk is en word geel wanneer hulle volwasse is en is tot 8 cm in deursnee. Die vrugte het 'n dik dop, baie sade en is eetbaar.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]