Altaïes
Altaïes Алтай тили, Altay tili | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Rusland | |
Gebied: | Altai | |
Totale sprekers: | 57 400[1] | |
Taalfamilie: | Altaïes Turkies Siberies-Turkies Altaïes | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Rusland | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | alt | |
ISO 639-3: | alt atv, alt | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Altaïes is ’n taal van die Turkiese taalfamilie. Dit is naas Russies die amptelike taal van die Republiek van Altai en is voor 1948 Oirot genoem. In 2002 het sowat 67 900 mense dit gepraat.
Klassifikasie
[wysig | wysig bron]Vanweë sy afgesonderde posisie in die Altaiberge en kontak met omringende tale, word die klassifikasie van Altaïes binne die Turkiese taalfamilie dikwels betwis. Weens sy geografiese nabyheid aan die tale Sjor en Chakas word dit soms in die Noord-Turkiese subgroep geplaas.[2]
Vanweë ooreenkomste met Kirgisies word dit soms ook saam met die Kiptsjak-tale geklassifiseer.
Verspreiding
[wysig | wysig bron]Altais word hoofsaaklik gepraat in die Republiek van Altai (Suid-Altai) en die Altai-krai (Noord-Altai). Dit is saam met Russies die amptelike taal van die Republiek van Altai. Die amptelike taal is geskoei op die suidelike dialek, maar dit het in onlangse jare ook na die noordelike dele versprei.
Dit is tussen 1928 en 1938 met die Latynse alfabet geskryf. Sedert 1938 word die Cyrilliese alfabet gebruik.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Altai". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2019. Besoek op 19 Oktober 2015.
- ↑ (en) Gordon \editor-first = Raymond G. jr., red. (2005). "Etnologieverslag vir Noord-Turkies". SIL International. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2012. Besoek op 14 September 2007.
{{cite web}}
:|editor-last=
has generic name (hulp)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Ethnologue: Noord-Altai
- Ethnologue: Suid-Altai
- Altaise alfabet
- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia