Kartweliese tale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Suid-Kaukasiese tale)
Spring na: navigasie, soek
Kartweliese tale
Geografiese
verspreiding:
Kaukasus, Turkye,
ander lande
Genetiese
klassifikasie
:

 Kartweliese tale
Onderafdelings:
Swan
Korto-Zan (Georgies)
Zan
Laz
Kartvelian languages.svg

Die Suid-Kaukasiese of Kartweliese tale (Georgies: ქართველური ენები) is ’n taalfamilie van die Kaukasus wat hoofsaaklik in Georgië gepraat word. Daar is ook groot groepe sprekers in Rusland, die VSA, die Europese Unie, Israel[1] en die noordoostelike dele van Turkye.[2] Daar is wêreldwyd sowat 5,2 miljoen sprekers van Suid-Kaukasiese tale.

Dit is nie verwant aan enige ander taalfamilie nie en is dus een van die wêreld se primêre taalfamilies.[3] Die eerste bekende geskrif in ’n Suid-Kaukasiese taal is ’n inskripsie van Abba Antoni by ’n Georgiese klooster naby Betlehem in die antieke Georgiese skrif.[4] Dit dateer uit 430 n.C.[5][6][7]

Sprekers[wysig]

Die bekendste taal in die familie is Georgies. Dit word deur 90% van die inwoners van Georgië gepraat. Dit word in ’n unieke Georgiese alfabet geskryf en is die enigste Kaukasiese taal wat ’n antieke letterkundetradisie het. Dit lyk of die ou Georgiese skrif van Aramees afgelei is, met Griekse invloede.[8]

Mingrelies word sedert 1864 in die Georgiese skrif geskryf – veral tussen 1930 en 1938, en weer vanaf 1989.

Die taal Laz in Turkye word meestal in die Latynse alfabet geskryf. Dit is egter aan die verdwyn omdat die Laz-sprekers al hoe meer in die Turkse hoofstroomgemeenskap opgeneem word.

Verwysings[wysig]

  1. Languages of Israel
  2. Ethnologue entry about the Kartvelian language family
  3. Dalby (2002), p. 38
  4. Lang (1966), p. 154
  5. Asya Pereltsvaig, Languages of the World, p. 74
  6. Encyclopaedia Britannica, p. 752
  7. Merriam-Webster's Encyclopedia, p. 646
  8. Encyclopædia Britannica, 15de uitg. (1986): Macropedia, "Languages of the World".