Sunda-eilande

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sunda-eilande
Inheemse naam: Kepulauan Sunda
Ligging van die Sunda-eilande
Ligging van die Sunda-eilande
Geografie
Ligging Suidoos-Asië
Koördinate 2°00′S 110°00′O / 2.000°S 110.000°O / -2.000; 110.000Koördinate: 2°00′S 110°00′O / 2.000°S 110.000°O / -2.000; 110.000
Argipel Maleise argipel
Hoofeilande Borneo, Java, Sulawesi, Sumatra
Oppervlakte 1 536 286 vk km
Hoogste punt Berg Kinabalu 4 095 m
Administrasie
Vlag van Broenei Broenei
Hoofstad Bandar Seri Begawan
Grootste stad Bandar Seri Begawan (50 000)
Vlag van Indonesië Indonesië
Hoofstad Djakarta
Grootste stad Djakarta (9 607 787)
Vlag van Maleisië Maleisië
Hoofstad Kuala Lumpur
grootste stad Kuala Lumpur (1 768 000)
Vlag van Oos-Timor Oos-Timor
Hoofstad Dili
grootste stad Dili (222 323)
Vlag van Singapoer Singapoer
Hoofstad Singapoer
grootste stad Singapoer (5 607 300)
Demografie
Bevolking 252 miljoen
Bevolkingsgroepe Han-Chinese, Javane, Maleiers, Soendanese, Tamils

Die Sunda-eilande (Indonesies en Maleis: Kepulauan Sunda) is 'n argipel in Suidoos-Asië wat vanaf die Maleise Skiereiland in die noordweste tot die kontinent Australië in die suidooste en Nieu-Guinee in die ooste langs die ewenaar streek. Die argipel bestaan uit vier groot en duisende kleiner eilande. Saam met die Filippynse eilande en die Molukke vorm die Sunda-eilande die Maleise argipel. Die grootste van die Sunda-eilande is Borneo met 'n oppervlakte van 743 330 km², terwyl Java die mees bevolkte eiland met 'n bevolking van 145 miljoen is.

Die Sunda-eilande word begrens deur die oop Indiese Oseaan in die suide en weste, die Suid-Sjinese See in die noorde, die Sulu- en Celebesseë in die noordooste, die Molukke- en Bandaseë in die ooste asook die Timorsee in die suidooste. Belangrike seë binne die argipel sluit in die Java- en Floresseë in die suide.[1]

Die grootste deel van die Sunda-eilande word deur die eilandnasie Indonesië beslaan. Die grootste deel van Borneo se kus langs die Suid-Sjinese See vorm die oostelike deel van Maleisië met die klein eksklawe Broenei tussenin, terwyl die oorblywende deel van dié eiland tot Indonesië behoort. Aan die suidoostelike einde van die Straat van Malakka is die stadstaat Singapoer geleë. Die oostelike deel van die klein eiland Timor word deur Oos-Timor beslaan, terwyl die westelike deel tot die Indonesiese provinsie Oos-Nusa Tenggara behoort.

Geografie[wysig | wysig bron]

Die argipel bestaan uit die volgende eilandgroepe:

LocationGreaterSundaIslands.svg Groot Sunda-eilande Borneo, Java, Sulawesi, Sumatra
LocationLesserSundaIslands.svg Klein Sunda-eilande onder ander Bali en Timor

Lande[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Sunda Islands". Encyclopædia Britannica. Verkry op 3 Augustus 2017.