Swartlandsuikerbos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Swartlandsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. odorata
Binomiale naam
Protea odorata
Sinonieme
  • Leucadendron odoratum (Thunb.) Steud.

Die Swartlandsuikerbos (Protea odorata) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan die Wes Kaap waar dit voorkom van Kalbaskraal tot by Klapmuts. Daar is slegs 'n paar plante oor, die spesie staan op die rant van uitwissing. Die struik groei regop en word 1.2 m hoog en blom van Februarie tot Junie met die hoogtepunt van Maart tot April.

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie, word slegs na brand vrygelaat en deur knaagdiere en miere versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van perdebye.

In Engels staan dit as die Swartland sugarbush bekend.

Hierdie plant en die Kasteelkloofsuikerbos staan saam bekend as skalieproteas.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]