Sydney-opera

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Sydney Operahuis)
Spring na: navigasie, soek
Broom icon.svg Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.
Sydney-opera*
Unesco-wêrelderfenisgebied

Sydney opera house side view.jpg
Die wêreldbekende Sydney Operahuis.
Ligging van Sydney-opera op 'n kaart (Australië)
Sydney-opera
Sydney-opera
Koördinate: 33°51′31″S 151°12′50″O
Lande Vlag van Australië Australië
Tipe Kultureel
Kriteria i
Verwysings 166
Streek Oseanië
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2007  (31ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Sydney-opera (Engels: Sydney Opera House) is 'n sentrum vir die uitvoerende kunste te Bennelong-punt in Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië. Die gebou is ontwerp deur die Deense argitek Jørn Utzon wat in 2003 die Pritzker-prys vir argitektuur ontvang het.[1]

Die operahuis in die aand.
Die operahuis in aanbou in 1968.

Die Operahuis is op die 28ste Junie 2007 tot 'n Wêrelderfenisgebied verklaar.[2] Dit is een van die wêreld se mees kenmerkendste geboue en een van die bekendste sentra vir die uitvoerende kunste in die wêreld.

Die Sydney Operahuis is op Bennelong-punt geleë in Sydney-hawe, naby aan die Sydney Hawebrug. Dit is aan die noordoostelike punt van Sydney se sakekern geleë en word aan drie kante omring deur die hawe en word ook begrens deur die Royal Botanic Gardens.

Die gebou huisves verskeie aparte sale. Die twee hoofsale is die Operateater en die Konsertsaal. Die Sydney Operahuis is 'n belangrike optreeplek vir verskeie ballet-, opera- en teatergroepe asook verskeie reisende groepe uit 'n verskeidenheid genres en is 'n groot trekpleister vir toerisme. Dit word bestuur deur die Sydney Opera House Trust wat val onder die ministerie vir kuns van Nieu-Suid-Wallis.

Beskrywing[wysig]

Die Sydney Operahuis is 'n ekspressionistiese moderne ontwerp met 'n reeks groot voorafgegote betondopstrukture,[3] wat elkeen ontwikkel is uit 'n hemisfeer met dieselfde radius wat die dak van die gebou vorm bo-op 'n podium. Die gebou beslaan sowat 1,8 hektaar en is 183 meter lank en 120 meter breed op sy breedste punt. Dit word ondersteun op 588 betonpilare wat 25 meter onder seevlak begrawe is. Die kragverbruik van die gebou is gelykstaande aan 'n dorp met 25 000 mense met 645 kilometer se elektriese kabel daarin.

Die dopstrukture van die Operahuis is bedek met 'n subtiele chevron-patroon wat uitgelê is met 1 056 006 glanswit en mat roomkleurige Sweedsvervaardigde teëls,[4] alhoewel die dakstrukture op 'n afstand helderwit voorkom.

Die konsertsaal is binne die westerse groep doppe geleë en die opera teater binne die oosterse groep doppe. Die skaal van die doppe is gekies om die vereiste hoogtes aan die binnekant te weerspieël en styg vanaf die lae ingangsportale oor die sitplekke en tot op die hoë verhoogareas aan die westekant. Die kleiner sale is onder die konsertsaal geleë as deel van die westelike groep strukture. 'n Baie kleiner groep dopstrukture naby die trappe huisves die Bennelong Restourant. Die dopstrukture van die Operahuis is vervaardig uit voorafgegote betonpanele wat ondersteun word deur voorafgegote betonribbe.[5]

Sale en fasiliteite[wysig]

Die Operahuis bevat die volgende sale:

  • Die Konsertsaal met 2 678 sitplekke is die tuiste van die Sydney Simfonie-orkes en word gebruik deur 'n groot aantal aanbieders van ander konserte. Dit bevat ook die groot orrel van die operahuis, die grootste van sy soort in die wêreld met meer as 10 000 orrelpype.
  • Die Operateater met 1 507 sitplekke is die tuiste van Opera Australië en die amptelike balletgroep van Australië.
  • Die Dramateater met 544 sitplekke wat gebruik word deur die Sydney Teatergeselskap en ander dans- en verhooggroepe.
  • Die Playhouse met 398 sitplekke.
  • Die Studio met veranderlike sitplekke en 'n maksimum kapasiteit van 400 plekke afhangende van die uitleg.
  • Die Utzon kamer, 'n klein veeldoelige saal met sitplekke vir tot 210 mense. Dit is die enigste binneruimte wat deur Utzon self ontwerp is.

Die gebou huisves ook

  • 'n ateljee vir klankopnames,
  • vyf restourante,
  • vier aandenkingswinkels en
  • 'n kantoor vir 'n begeleide toeragentskap.
Die binnekant van die Konsertsaal

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Sydney Operahuis (kategorie)
  1. Sydney Morning Herald - berig oor die argitek se afsterwe
  2. Braithwaite, David, "Opera House wins top status", The Sydney Morning Herald, 2007-06-28. URL besoek op 2007-06-28.
  3. Artikel deur die Royal Society of New South Wales
  4. Utzon, J (2002). Sydney Opera House Utzon design principles. Sydney: Sydney Opera House Trust, p20. 
  5. Sydney Opera House”. Tom Fletcher. URL besoek op 2008-02-10.