Thoas (seun van Dionysos)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Editing Thoas (seun van Dionysos)

Thoas (Grieks: Θόας, die Vinnige), die seun van Dionysus en Ariadne was 'n koning van Lemnos in die Griekse mitologie . Hy was die vader van Hypsipyle, en die broer van Staphylos, Oinopion en Peparethos.

Thoas was 'n generaal van Rhadamanthys. Vir sy getroue dienste het Rhadamanthys die eiland Lemnos aan hom geskenk. Thoas is die stigter van die stad Lemnos (Myrina), en ook die eerste koning oor die inwoners van die eiland. Sy vrou se naam was Myrina, en hy is die vader van Hypsipyle. Toe die vroue van Lemnos al die mans op die eiland doodgemaak het, het Hypsipyle haar vader gespaar. Volgens die legende het sy hom weggesteek, maar die vroue van Lemnos het hom gevind en hom doodgemaak. As straf het hulle Hypsipyle aan Lykurgos verkoop. Nog 'n weergawe van die legende lui dat Hypsipile haar vader in 'n boks weggesteek het wat sy toe in die gegooi het. Die vissers van die eiland Oinoe het hom gered en na hulle eiland gebring. Daar het hy die nimf Oinoe getrou, en sodoende die vader van Sikinos geword. 'n Derde weergawe van die legende berig, dat hy by Chios, die eiland van sy broer, Oinopion, uitgekom het en toe oor daardie eiland geregeer het.

Van sy vader Dionysus, het hy 'n heilige kleed en twee silwer koppies ontvang. Hy het hulle aan sy dogter agtergelaat.

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Biblioteek van Apollodorus, 1, 114 - 115; 3, 65; 4, 9.
  • Apollonios van Rhodes, Argonautica, 1, 609; 1, 708 - 717; 1, 774; 4, 421.
  • Diodorus, Bibliotheca historica, 5, 79, 2.
  • Herodotus, Geskiedenis, 6, 138.
  • Homer, Ilias, 14, 222.
  • Hyginus Mythographus, Fabulae, 15; 74; 254.
  • Quintus van Smirna, die post-homerica, 4, 365.
  • Ovidius, Heroides, 103; 129; 151.
  • Ovidius, Metamorphoses, 13, 399.
  • Publius Papinius Statius, Thebaid, 5, 39; 5, 265; 5; 486.