Tiangong-program

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Diagram van Tiangong 1 (links) met ’n besoekende Shenzhou-ruimtetuig (regs).

Tiangong (Chinees: 天宫一号; "Hemelse Paleis") is ’n ruimtestasieprogram van die Volksrepubliek China. Die doel is om ’n ruimtestasie te bou wat vergelykbaar is met die Russiese stasie Mir. Dit is ’n onafhanklike projek sonder samewerking met enige ander land.[1]

Die projek[wysig | wysig bron]

Die program is in 1992 begin as Projek 921-2. ’n Groot ruimtestasie sal in drie fases gebou word en sou teen 2020 voltooi wees,[2] min of meer teen die tyd dat die Internasionale Ruimtestasie van diens onttrek sal word.[3] Die voltooiing van die projek is intussen uitgestel tot 2022.[4]

Tiangong 1[wysig | wysig bron]

China het sy eerste ruimtelaboratorium, Tiangong 1, op 29 September 2011 lanseer. Tydens sy bestaan het twee Shenzhou-ruimtetuie dit besoek. Op 16 Junie 2012 is Shenzhou 9 met 'n bemanning van drie lanseer. Dit is op 18 Junie suksesvol gekoppel en was China se eerste bemande tuig wat aan 'n ander tuig gekoppel word.[5] Op 11 Junie 2013 is Shenzhou 10, ook met drie bemanningslede, lanseer.[6] Tiangong 1 het intussen teruggeval na die Aarde. Dit het die atmosfeer op 2 April 2018 binnegegaan en uitgebrand.[7]

Tiangong 2[wysig | wysig bron]

'n Tweede en derde toetsstasie is oorspronklik beplan voor die ruimtestasie gebou word. Hulle is egter gekombineer as een projek, Tiangong 2.[8] Dié meer gevorderde laboratorium is op 15 September 2016 lanseer.[9]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Branigan, Tania; Sample, Ian (2011-04-26). "China unveils rival to International Space Station". UK Guardian. Londen. Besoek op 2011-04-27. 
  2. David, Leonard (2011-03-11). "China Details Ambitious Space Station Goals". SPACE.com. Besoek op 2011-03-09. 
  3. "China takes first step towards space station". 20 September 2011. 
  4. China to begin construction of manned space station in 2019 Reuters, 28 April 2017
  5. Jonathan Amos (18 Junie 2012). "Shenzhou-9 docks with Tiangong-1". BBC. Besoek op 21 Junie 2012. 
  6. China launches fifth manned space mission
  7. "China Confirms Its Space Station Is Falling Back to Earth". 2016-09-19. 
  8. "脚踏实地,仰望星空—访中国载人航天工程总设计师周建平". Chinese Government. Besoek op 2017-04-22. 
  9. "China to launch Tiangong-2 and cargo spacecraft in 2015". GB Times. 13 Junie 2013. Besoek op 16 Junie 2013. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]