Tiervis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Tiervis
TigerfishHydrocynusVittatus2.jpg
'n Klein H. vittatus
vanuit die boonste deel van die Zambezi.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superclass:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
H. vittatus
Binomiale naam
Hydrocynus vittatus
(Castelnau, 1861)

Die tiervis (Hydrocynus vittatus) is 'n roofvis en 'n varswatervis wat in die Okavango- en Zambeziriviere en ook in riviere in die Laeveld voorkom. Buite Suider-Afrika kom die vis voor in die Kongorivier, Tanganjikameer en ander riviere in Noord- en Wes-Afrika. Die Tiervis is seker een van die bekendste visse in Suider-Afrika en staan in Engels bekend as die Tigerfish. Die vis was voorheen onder die familie Characidae geklassifiseer.

Spesies van die Hydrocynus-genus; die boonste een is die tiervis.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis lank en lenig met gepunte vinne en die stertvin is diep gevurk. Die kop is groot met 'n sterk kakebeen met agt groot tande elk wat uit die mond uitsteek. Die jong visse is silwerkleurig. Die volwasse visse is ook silwerkleurig met 'n blou skynsel op die rug. Daar is 'n klomp, swart parallele strepe oor die sye van die vis. Die vinne is geel tot rooi van kleur met 'n swart rand aan die agterkant. Die mannetjies en wyfies lyk dieselfde maar die wyfies word groter as die mannetjies; die wyfies word tot 700 mm lank en die mannetjie slegs 500 mm. Die Zimbabwe hengelrekord is 15,507 kg.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis verkies warm water wat baie suurstof bevat hoofsaaklik in groter riviere en mere. Dit het die gewoonte om na die oppervlak te gaan op soek na prooi en word dan soms self die prooi van die visarend. Die vis broei gedurende die somer.

Hengel[wysig | wysig bron]

Die tiervis is 'n gewilde sportvis en is 'n belangrike kommersiële vis in die Karibadam met meer as 184 ton wat gedurende 1977 gevang is.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]