Gaan na inhoud

Titaan(IV)nitraat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Titaan(IV)nitraat
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule Ti(NO3)4
Molêre massa 299,9 [g/mol][1]
CAS-nommer 12372-56-4[1]  
Voorkoms wit naaldjies[2]
Fasegedrag  
Selkonstantes a=780pm; b=1357pm; c= 1034pm, β= 125.0°[3]  
Ruimtegroep P21/c 
Nommer 14
Smeltpunt 58,5 °C [2]
Kookpunt ontbind ~100 °C[2]
Digtheid
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Titanium(IV)nitraat is 'n molekulêre verbinding van titaan in sy hoogste +4 oksidasieotestand met nitraat-groepe as sy ligande.[2]

Kristalstruktuur

[wysig | wysig bron]

Die stof kristalliseer in 'n monokliniese struktuur wat uit Ti(NO3)4-molekules bestaan. Die sentrale titaanatoom het 'n agtvoudige koöridinasie deur vier bidentate nitraatgroepe. [3]

Chemiese eienskappe

[wysig | wysig bron]

Dit kan verkry word deur 'n reaksie tussen titaan(IV)chloried en distikstofpentoksied in koolstoftetrachloried teen lae temperature.[2]

'n Ander reaksie is met chloornitraat, ook by lae temperature:[2]

Titaan(IV)nitraat kan by +50 °C onder vacuum gesublimeer word, maar dit ontbind maklik na TiO(NO3)3 wat nie vlugtig is nie.

Die stof is baie higroskopies en kan net gebruik word as reagens in organiese reaksie indien dit in 'n inerte atmosfeer sonder vog gebeur. Dit nitrateer organiese molekules soos benseen, tolueen, ntirobenseen en chlorobenseen. [4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Titanium nitrate". American Elements.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 P. Ehrlich; Georg Bauer (1963). Handbook of preparative inorganic chemistry. New York; London: Academic press. p. 1238.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. 3,0 3,1 "ICSD 266639". CCDC. 2018.
  4. D.W. Amos, D.A. Baines, G.W. Flewett (1973). "Nitration by titanium (IV) nitrate". Tetrahedron Letters. 14 (34): 3191–3194. doi:10.1016/S0040-4039(00)79808-X.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)