Toendra

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die toendra-streke.
Toendra-plantegroei in die somer in Alaska.
Toendra-vlakte met mere in Noord-Siberië by die Russiese stad Doedinka.

’n Toendra is ’n gebied sonder bome aan die rand van die poolgebied. Daar groei veral gras, mos en dwergstruike.

Die woord toendra kom uit Kildin Sami, ’n taal wat op die skiereiland Kola gepraat word. Dit is die genitief van toendar, "boomlose steppe".

Die algemene klimaat op ’n toendra is ongunstig vir die groei van hoë plante. Die bodem is gedurende minstens ses maande van die jaar gevries of met sneeu bedek. Die groeiseisoen is baie kort en die gemiddelde temperatuur van die warmste maand is onder 10 °C. In die somer ontdooi slegs die boonste laag van die bodem. Hoewel min reën voorkom, is die bodem van ’n toendra meestal moerasagtig omdat die water nie kan wegsink nie weens die bevrore onderlaag en omdat daar min verdamping is. Op baie plekke word dan ook veen aangetref. Tipies van ’n toendra is ook die poligoonbodem, waarin stene as gevolg van die werking van die ryp in veelhoeke gerangskik is.

Toendras kom onder andere in Rusland, Ysland, Kanada en Alaska voor. In die suide word dit deur die taiga begrens.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel [1]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Toendra (kategorie)