Tol & Tol
Tol & Tol | |
---|---|
Oorsprong | Volendam (Nederland) |
Lede | Cees Tol Thomas Tol |
Tol & Tol is die naam van 'n Nederlandse duo-groep wat hoofsaaklik instrumentale musiek produseer. Die sangers is die Volendamse broers Cees en Thomas Tol. Aan die begin van 1990 staan hul twee weke op die eerste plek van die Nederlandse nasionale treffersparade met die treffer Eleni. Maar dit word ook 'n treffer in die buiteland.
BZN-periode
[wysig | wysig bron]Cees en Thomas Tol was lank deel van die groep BZN (Band Zonder Naam). Thomas was ook die komponis van die Volendamse groep en stel in hierdie hoedanigheid die beroemde "palingsound" bekend. Titels soos Mon Amour, Sevilla, Pearlydumm, Just an illusion, Amore en If I say the words bereik stuk vir stuk die boonste range van die Nederlandse trefferparade. Vanaf 1976 komponeer Thomas Tol in totaal 24 BZN-treffers, waarvan 18 die top 10 bereik. Mon amour (1976) het die eerste plek van die Top 40 en die Nationale Hitparade bereik. Pearlydrumm (1980) staan slegs in die Top 40 op nommer een.
Tol & Tol
[wysig | wysig bron]In 1988 loop die broers Tol kort na mekaar uit BZN om saam hul loopbaan voort te sit. Hul eerste album, met daarop hul Griekstalige nr.1-treffer in die Nationale Hitparade Eleni, word 'n groot sukses. Hierna volg nog die treffer Sedalia en 'n reeks van in totaal vyf albums wat almal die Album Top 100 behaal. Ook in die buiteland word hulle gewild, met name in Duitsland, Oostenryk en Switserland. Sedert 1999 is hul niggie Corina Vamvakari hul vaste sangeres.
Produksie
[wysig | wysig bron]In 1991 bring Tol & Tol 'n album vir Anny Schilder uit: "This is... Anny Schilder".
Sedert 2002 is Tol & Tol die vervaardigers van die albums van die Nederlandse sanger, Jan Smit. Hul komposisie "Als de nacht verdwijnt" word 'n groot treffer. Hierdie nommer word in 1989 al opgeneem deur Anny Schilder onder die titel "Le soleil".
Cees & Thomas tree so nou en dan op in die geleentheidssanggroep BZN'66 ('n samestelling van oud-BZN-lede wat treffers uit die beginjare van BZN speel).
Diskografie
[wysig | wysig bron]Albums
[wysig | wysig bron]Albums met trefferlysnotering | |||||
Titel | Datum van vrystelling |
Datum van intrede |
Hoogste plek |
Aantal weke |
Opmerkings |
---|---|---|---|---|---|
Tol & Tol | 1989 | 09-12-1989 | 7 | 25 | Goud, ook in Duitsland, Engeland, Suid-Afrika en Taiwan |
Sedalia | 1991 | 15-06-1991 | 18 | 11 | CD vd week, ook in Duitsland, Suid-Afrika en Taiwan |
Tol & Tol III | 1993 | 26-06-1993 | 23 | 12 | CD vd week, ook in Duitsland, Suid-Afrika en Taiwan |
Tol & Tol IV | 1999 | 02-05-1999 | 61 | 4 | ook in Duitsland (onder die naam Mistiko) en Suid-Afrika |
Tol & Tol V | 11-2001 | ook in Duitsland (onder die naam You are my world) en Suid-Afrika |
Versamelalbums
[wysig | wysig bron]Albums met trefferlysnotering | |||||
Titel | Datum van vrystelling |
Datum van intrede |
Hoogste plek |
Aantal weke |
Opmerkings |
---|---|---|---|---|---|
Tol & Tol (Aus der TV und Funk Werbung) | 1992 | verskyn slegs in Duitsland | |||
Eleni & Other hits (2CD) | 07-1993 | ||||
First class | 07-1994 | ||||
The best of | 1995 | verskyn slegs in Suid-Afrika | |||
Remind | 09-1997 | ||||
Eleni | 11-1998 | ||||
The Collection | 2001 | verskyn slegs in Duitsland | |||
Hollands Glorie | 06-2001 | ||||
Het beste van Tol & Tol (3CD) | 2001 | ||||
The very best of Tol & Tol | 2002 | verskyn slegs in Suid-Afrika | |||
Tol & Tol | 2003 | verskyn slegs in Argentinië | |||
Peace and quiet | 2004 | verskyn slegs in Argentinië | |||
Hollands Goud | 10-2004 | ||||
The Complete Collection (2CD) | 2006 | verskyn slegs in Suid-Afrika | |||
The Hit Collection (3CD) | 2006 | verskyn slegs in Duitsland | |||
De Allermooiste van Tol & Tol (3CD) | 2007 | ||||
Unsere Besten | 2008 | verskyn slegs in Duitsland | |||
Carilo Bosque Encantado | 2008 | verskyn slegs in Argentinië | |||
Hollands Glorie | 2010 |
Enkelsnitte
[wysig | wysig bron]Enkelsnitte met trefferlysnotering in die Top 40 | |||||
Titel | Datum van vrystelling |
Datum van intrede |
Hoogste posisie |
Aantal weke |
Opmerkings |
---|---|---|---|---|---|
Eleni | 1989 | 23-12-1989 | 3 | 8 | Alarmschijf; nr.1 in die Nationale Hitparade; verskyn ook in Duitsland en Engeland |
Rounding the cape (A tribute to...) | 1990 | 07-04-1990 | tip3 | - | |
Sedalia | 1991 | 15-06-1991 | 20 | 5 | verskyn ook in Duitsland |
Viënna (two worlds meet) | 10-1991 | ||||
Ja Sena | 11-1991 | ||||
Siciliano | 1992 | verskyn slegs in Duitsland | |||
Watching the guards | 1993 | 26-06-1993 | tip17 | - | verskyn ook in Duitsland |
Mistiko | 04-1999 | verskyn ook in Duitsland | |||
You are my world | 11-2001 | verskyn ook in Duitsland | |||
Gamenni kardia | 2002 | verskyn slegs in Duitsland | |||
Florence | 2002 | verskyn slegs in Duitsland |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- BZN se webtuiste
- BZN'66 Geargiveer 29 Junie 2007 op Wayback Machine (www.bzn66.nl)