Tom Cruise

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Tom Cruise
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Cruise in 2014 by die première van Edge of Tomorrow.

Geboortenaam Thomas Cruise Mapother IV
Geboorte 3 Julie 1962 (1962-07-03) (55 jaar oud)
Aktiewe jare 1980-tans

Tom Cruise (gebore as Thomas Cruise Mapother IV; 3 Julie 1962) is ’n Amerikaanse akteur en rolprentmaker. Hy is vir drie Oscars benoem en het drie Golden Globes gewen.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Cruise in 1989 by die Oscar-aand.

Hy het sy loopbaan in 1981 op 19 jaar begin in die rolprent Endless Love. Ná byspelerrolle in Taps (1981) en The Outsiders (1983), het hy sy eerste hoofrol in 1983 gekry in die romantiese komedie Risky Business. Hy het veral aandag getrek met sy rol as Pete "Maverick" Mitchell in die aksiedrama Top Gun (1986). Sedert 1996 is hy bekend vir sy rol as geheime agent Ethan Hunt in die Mission: Impossible-reeks, waarvan die mees onlangse prent, Mission: Impossible – Rogue Nation, in 2015 uitgereik is.

Cruise word beskou as een van grootste sterre in Hollywood.[1][2] Hy het in die 1980's in ’n paar ander suksesvolle prente gespeel, soos die dramas The Color of Money (1986), Cocktail (1988), Rain Man (1988) en Born on the Fourth of July (1989). In die 1990's was hy in Far and Away (1992), A Few Good Men (1992), The Firm (1993), Interview with the Vampire: The Vampire Chronicles (1994), Jerry Maguire (1996), Eyes Wide Shut en Magnolia (albei 1999).

In die 2000's het Cruise ook in verskeie gewilde prente gespeel, soos Vanilla Sky (2001), Minority Report (2002), Collateral (2004), Valkyrie (2008), Jack Reacher (2012), Edge of Tomorrow (2014) en ander. In 2012 was hy die bes betaalde akteur in Hollywood.[3]

Cruise is ’n uitgesproke voorstander van die Kerk van Sciëntologie en meen dis danksy hulle dat hy sy disleksie oorkom het. In die 2000's was sy kritiek op psigiatrie en middels teen depressie, asook pogings om Sciëntologie as ’n godsdiens in Europa te bevorder, omstrede – so ook ’n uitgelekte video-onderhoud waarin hy Sciëntologie probeer bevorder.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Michael West. "'Edge of Tomorrow': Is Tom Cruise Still The World's Biggest Movie Star? [Poll]". Verkry op 2 April 2015. 
  2. "Four Reasons Why Tom Cruise is Still the Biggest Star in the World". Hollywood.com. 20 Desember 2011. Verkry op April 2, 2015. 
  3. Pomerantz, Dorothy (18 April 2012). "Tom Cruise Tops Our List Of Hollywood's Highest-Paid Actors". Forbes. Verkry op 23 Julie 2012. 
  4. "Is Tom Cruise is Really Sick....???". 23 Oktober 2015. Verkry op 23 Oktober 2015. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]