Townhall

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Townhall is 'n Amerikaanse politiese konserwatisme Webblad, gedrukte tydskrif en radionuus diens. Dit was voorheen gepubliseer deur die Heritage Foundation, maar word nou besit en bedryf deur Salem Communications. The webblad bevat meer as 80 rubrieke (beide gesindikeer en eksklusief) deur 'n variëteit van skrywers en kommentators, wat dikwels verskyn as gas-kommentators op die Fox News kanaal.[1]Townhall voorsien ook om-die-klok nuusuitsendings van vyf minute lank, wat nasionale en wêreldnuus bevat.[2] Hierdie nuusuitsendings kry elke uur lugtyd op verskeie radiostasies wat deur Salem Communications besit word en op die Salem Radio Network affiliate, sowel as op Sirius XM Patriot Kanaal 125.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Townhall.com was in 1995 gestig as een van die eerste konserwatiewe internetgemeenskappe. In 2005 het Townhall.com afgebreek van die The Heritage Stigting. In Mei 2006 het Salem Communications Townhall.com gekoop en die webtuiste gelanseer met bykomende Potgooie van Salem se netwerk en plaaslike kletsprogramme of geselsprogramme, blogs wat gehardloop word deur Salem se geselsprogram gashere, en die moontlikheid vir enige gebruiker om 'n blog te begin op die Townhall.com netwerk.[3][4]Die webtuiste voorsien 'n uitgebreide seleksie van opinie-rubrieke en nuus-items wat vanaf 'n konserwatiewe oogpunt aangebied word.[5]In January 2008 het TownHall.com Townhall Magazine begin, wat 'n maandelikse konserwatiewe nuustydskrif is. Bykomend tot eksklusiewe inhoud vir die tydskrif, dra Townhall Magazine bydrae van Townhall.com se lesers.[6]In Februarie 2011 het TownHall.com TownhallFinance.com gelanseer, wat 'n daaglikse finansiële - en beleggings-blad is wat toegewyd is aan konserwatiewe finansiële kommentaar, onder die redakteurskap van John Ransom, wat ook 'n daaglikse rubriek betreffende gebeure in Washington en op Wall Street skryf. In 2018 het Jerry Bowyer redakteur van die blad geword. Bykomend hiertoe het die blad finansiële kommentaar van CNBC se Larry Kudlow gedra, totdat Kudlow die hoof van die President se Raad op Ekonomiese Adviseurs geword het. Die blad dra gevolglik tans Fox Business Network se analis Charles Payne, voormalige redakteur John Ransom, en die Cato Instituut se ekonomiese kenner, Daniel J. Mitchell se kommentaar.

Rubriekskrywers[wysig | wysig bron]

TownHall.com bevat kommentaar deur verskeie konserwatiewe rubriekskrywers asook gas-kommentaar deur politici.[7]Weeklikse bydraers sluit Kurt Schlichter, Ben Shapiro, Michelle Malkin, Ann Coulter, Marina Medvin, John Stossel, Dennis Prager en andere in. Gas-bydraers het al Eric Trump, Donald Trump jr., en Lara Trump ingesluit.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Sjabloon:Verwysing word benodig
  2. "Breaking News – Latest World, US, Science, Entertainment, Election, Technology News and Current Events". Townhall (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 15 Mei, 2016. Gaan datum na in: |access-date= (hulp)
  3. "Salem Communications to Acquire Townhall.com; Salem Expands News Talk Radio Platform into New Media with Addition of Leading Conservative Opinion Website.", The Free Library, 2014. Opgespoor op 4 Maart 2015.
  4. Andrew Romano, "The Right: The Next Big Thing?", Newsweek, 2 Julie 2006.
  5. Stephen Koff, "Republican presidential candidates talk to these conservative media outlets. Here's why." The Plain Dealer, 1 Junie 2015.
  6. Townhall Magazine, "premier issue", Januarie 2008.
  7. "Conservative Columnists with Political News Commentary, Analysis". Townhall (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020. Besoek op 22 Desember 2018.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]