Trinity kernwapentoets

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Paddastoelwolk sekondes na die ontsteking van die Gadget.

Trinity was die kodenaam vir die eerste ontploffing van 'n kernwapen. Die toets was uitgevoer deur die Amerikaanse Weermag op 16 Julie 1945 om 05:29 as deel van die Manhattan-projek. Die toets is uitgevoer in die Jornada del Muerto-woestyn ongeveer 56km suidoos van Socorro, New Mexico. Die plek was toe bekend as die USAAF Alamogordo Bombing and Gunnery Range, tans deel van die White Sands-missiel toetsterrein. Die enigste geboue destyds was die McDonald Ranch House en sy aanvullende geboue wat deur die wetenskaplikes gebruik is as 'n laboratorium om komponente van die bom te toets. 'n Basis kamp was opgerig en daar was 425 mense teenwoordig tydens die naweek van die toets.

Die kodenaam Trinity was toegeken deur J. Robert Oppenheimer, die direkteur van die Los Alamos Laboratorium; geinspireer deur die poësie van John Donne. Die toets was gedoen met 'n inploffing-tipe ontwerp wat plutonium gebruik het met die bynaam van The Gadget. Dit was dieselfde ontwerp as wat gebruik is vir die Fat Manbom wat oor Nagasaki ontplof is op 9 Augustus 1945. Die ontwerp was kompleks en het 'n groot poging van die Los Alamos Laboratorium geverg en die onsekerhied of die ontwerp sou werk of nie het gelei tot die besluit om eers 'n toets ontploffing te laat plaasvind. Die toets was beplan en bestuur deur Kenneth Bainbridge.

Die vrees vir 'n swak ontploffing (geen kernreaksie nie) het tot gevolg gehad dat 'n staal houer, genaamd Jumbo, ontwerp is waarin die plutonium geplaas kon word sodat dit later weer herwin kon word ingeval die kernreaksie glad nie plaasvind nie. Jumbo was toe glad nie gebruik nie. 'n Kleedrepetisie was gehou op 7 Mei 1945 waar 108 ton plofstof, behandel met radiaktiewe isotope, ontplof is. Die Trinity-bom het energie gelykstaande aan 22 kN TNT vrygelaat. Van die waarnemers was Vannevar Bush, James Chadwick, James Conant, generaal Thomas Farrell, Enrico Fermi, Richard Feynman, Leslie Groves, Robert Oppenheimer, Geoffrey Taylor, Richard Tolman en John von Neumann.

Die toetsterrein was as 'n Nasionale Historiese Landmerk verklaar in 1965 en op die National Register of Historic Places gelys die volgende jaar.