Trompetter (vis)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Pelates quadrilineatus
'n Trompetter
Bewaringstatus

Nie geëvalueer (IUBN 3.1)[1]

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Percoidei
Familie: Teraponidae
Genus: Pelates
(Cuvier, 1829)[2][3]
Spesie: P. quadrilineatus
Binomiale naam
Pelates quadrilineatus
(Bloch, 1790)[4]
Sinonieme
  • Holocentrus quadrilineatus (Bloch, 1790)
  • Pelates quadrillneatus (Bloch, 1790)
  • Pelatus quadrilineatus (Bloch, 1790)
  • Therapon quadrilineatus (Bloch, 1790)[5]

Die trompetter (Pelates quadrilineatus) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese gebied, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika, vanaf Oman tot by die Boesmansrivier by Port Alfred voorkom. Die vis het ook die Middellandse See deur die Suezkanaal binnegedring. In Engels staan die vis as die Trumpeter bekend.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Skets van 'n trompetter.

Die vis is silwerig met 4 – 6 donker horisontale strepe oor die liggaam. Daar is 'n donker vlek net tussen die begin van die dorsale en pektorale vinne. Die stertvin is ligter van kleur en die mond- en kieuholtes is rooi. Die onvolwasse vissies het 6 – 7 strepe oor die liggaam. Die vis word tot 30 cm lank.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis kom langs die kus voor, veral waar daar seegrasbeddings is, asook by riviermondings. Die onvolwassenes vreet seegras en klein skaaldiere en die volwasse visse plankton. Die vis kan 'n kraakgeluid met sy swemblaas maak, vandaar die naam.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. UICN (en)
  2. Cuvier G., 1829. Le Règne Animal, distribué d'après son organisation, pour servir de base à l'histoire naturelle des animaux et d'introduction à l'anatomie comparée. Edition 2. Règne Animal (ed. 2) v. 2. i-xv + 1-406.
  3. uBio (en)
  4. Bloch, M. E., 1790. Naturgeschichte der ausländischen Fische. Berlín. Naturg. Ausl. Fische v. 4: i-xii + 1-128, Pls. 217-252.
  5. Catalogue of Life (en)

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]