Tshipise (dorpie)
Voorkoms
Tshipise Chipise | |
---|---|
Koördinate: 22°32′2″S 30°40′12″O / 22.53389°S 30.67000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Vhembe |
Munisipaliteit | Musina |
Stigting | 1936 |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,50 km2 (0,58 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 052 |
• Digtheid | 701/km2 (1 820/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Swart mense | 98.8% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Venda | 94.8% |
• Engels | 1.0% |
• Ander | 4.2% |
Poskode (strate) | 0901 |
Poskode (posbusse) | 0901 |
Skakelkode | 015 |
Tshipise is 'n dorpie in Vhembe-distriksmunisipaliteit in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die dorpie is geleë noord van die Soutpansberg en net suid van die R525-streekspad na die Pafuri-hek, die mees-noordelike ingang na die Krugerwildtuin en die Pafuri-grenspos, 21 km verder oos.
Die vakansieoord, 'n ent hiervandaan (sowat 66 km suidoos van Musina en 84 km noordoos van Louis Trichardt), is sedert 1936 ontwikkel. Die naam is voorheen as Chipise gespel, wat blykbaar afgelei is van chia fisu, wat ‘brand’ of ‘warm wees’ beteken, verwysend na die minerale bronne van 65 °C.[2]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Tshipise". Sensus 2011.
- ↑ Raper, R.E. (1987). "Dictionary of Southern African Place Names". Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. p. 438. Besoek op 4 Desember 2013.