Tupolev Tu-95

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Tupolev Tu-95
Russian Bear 'H' Aircraft MOD 45158140.jpg
'n Tu-95MS Bear H RF-94130 vlieg langs Skotland in 2014
Tipe Strategiese bomwerper, missieldraer en maritieme patrollievliegtuig
Vervaardiger Tupolev
Nooiensvlug 12 November 1952
Vrygestel 1956
Onttrek 1990
Status Aktiewe diens
Hoofgebruikers Sowjetlugmag
Sowjetvloot
Russiese Lugmag
Vervaardig 1952-1994
Aantal gebou 500+
Weergawes Tupolev Tu-114 passasiersvliegtuig
Tupolev Tu-142 maritieme patrollie
Tupolev Tu-95LAL kernaangedrewe.

Die Tupolev Tu-95 (Russies: Туполев Ту-95; NAVO verslagdoeningsnaam: "Bear") is 'n groot, viermotorige turboprop-aangedrewe strategiese bomwerper en missielplatform. Die Tu-95 se nooiensvlug was in 1952, betree diens met die Sowjetunie in 1956 en daar word verwag dat dit tot minstens 2040 in die Russiese Lugmag sal dien.[1] 'n Ontwikkeling uit die bomwerper vir maritieme patrollie word aangewys as Tu-142, terwyl 'n passasiersafgeleide bekend is as die Tu-114.

Die vliegtuig het vier Kuznetsov NK-12-enjins, elk met twee stelle teen-roterende skroewe. Dit is die enigste skroefaangedrewe strategiese bomwerper wat vandag nog in operasionele gebruik is. Die punte van die skroeflemme beweeg vinniger as die spoed van klank, wat dit een van die luidrugtigste militêre vliegtuie maak.[2] Sy kenmerkende teruggeswiepde vlerke is teen 'n hoek van 35° geplaas.

Spesifikasies (Tu-95MS)[wysig | wysig bron]

Algemene karaktertrekke
  • Bemanning: 6–7; loods, 2de loods, vlugingenieur, kommunikasiestelseloperateur, navigator, stertskutter plus soms nog 'n navigator.
  • Lengte: 46,2 m
  • Hoogte: 12,12 m
  • Vlerkwydte: 50,10 m
  • Vlerkoppervlak: 310 m²
  • Leë massa: 90 000 kg (198 000 lb)
  • Gelaaide massa: 171 000 kg (376 200 lb)
  • Maks. opstygmassa: 188 000 kg (414 500 lb)
  • Kragbron: 4 × Kuznetsov NK-12M turboprops, 11 000 kW elk
Werksverrigting
  • Topspoed: 920 km/h (510 knope, 575 mpu)
  • Reikafstand: 15 000 km (8 100 seemyl, 9 400 myl) indien nie hervul
  • Diensplafon: 13 716 m (45 000 vt)
  • Klimspoed: 10 m/s (2 000 vt/min)
  • Vlerkbelasting: 606 kg/m² (124 lb/vt²)
  • Krag/massa: 235 W/kg (0,143 pk/lb)
Bewapening
  • Radarbeheerde kanonne: 1 of 2 × 23 mm AM-23 outo in stertkannon.
  • Missiele: Tot 15 000 kg (33 000 lb), insluitend die Raduga Kh-20, Kh-22, en die Kh-55/101/102 lug-tot-grondmissiele.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Kramnik, Ilya. "Оружие: Возвращение летающего медведя (Afrikaans: Terugkeer van die vlieënde beer"), (in Russies). Lenta.ru 19 Julie 2007. URL besoek op 5 Junie 2010.
  2. "Russian Bear is back" Russia Today via youtube.com 24 September 2007. URL besoek op 23 Januarie 2011.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.