Tweekleurtang

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Tweekleurtang
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)[1]

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Acanthuroidei
Familie: Acanthuridae
Subfamilie: Acanthurinae
Genus: Zebrasoma
Spesie: Z. scopas
Binomiale naam
Zebrasoma scopas
(G. Cuvier, 1829) [2]

Die Tweekleurtang (Zebrasoma scopas) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan, ook aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Twotone tang.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 20 cm lank. Die volwasse vis is geelbruin aan die voorkant wat verdonker na amper swart op die stertvin. Daar is klein ligblou spikkels of lyne op die kop en lyf. Daar is ook 'n bossie stekelhare op die basis van die stertvin.

Die onvolwasse visse se kop en voorste gedeelte van die lyf is ligter met goue spikkels op die kop. Die agterlyf is donkerbruin tot pers en daar is gepaarde donker strepe oor die lyf. Die dosale- en analevinne is vergroot.

Die vis leef in tropiese strandmere en beskutte aflandige koraalriwwe in water wat 2 tot 50 m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopers en kan ook klein groepies voorkom. Die onvolwasse vissie sis sku en skuil tussen die koraal. Die vis vreet alge en detritus. Die spesie is seldsaam.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Abesamis, R., Choat, J.H., McIlwain, J., Clements, K.D., Myers, R., Rocha, L.A., Nanola, C., Russell, B. & Stockwell, B. (2012). “Zebrasoma scopas”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 6 March 2014.
  2. Bailly, Nicolas (2010). “Zebrasoma scopas (Cuvier, 1829)”. World Register of Marine Species. URL besoek op 2012-02-28.