Gaan na inhoud

URI

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

'n URI (Engels vir Uniform Resource Identifier) is 'n kompakte string karakters wat 'n netwerkbron identifiseer of daarna verwys. Die hoof doel van die verwysing is om bronne op 'n netwerk, tipies oor die Wêreldwye Web, te kan opsoek.

URL vs. URN

[wysig | wysig bron]

'n URI kan geklassifiseer word as 'n URL (Uniform Resource Locator), 'n URN (Uniform Resource Name) of selfs beide.

Mens kan aan 'n URN dink as 'n persoon se naam, terwyl 'n URL na die persoon se adres sal verwys. Die URN definieer die bron se identiteit terwyl die URL 'n metode bied om dit op die netwerk te vind.

  • 'n URN is 'n URI wat slegs as 'n (unieke) naam gebruik word, maar nie sê hoe en waar die bron gevind kan word nie. As voorbeeld is urn:isbn:0-486-27557-4 'n unieke verwysing na 'n boek, maar bevat geen inligting oor hoe of waar dit gekry kan word nie.
  • 'n URL is 'n URI wat beide die ligging en benaderingswyse van 'n bepaalde bron ("resource") definieer. 'n Tipiese voorbeeld van 'n URL vir bovermelde boek kan moontlik file:///C:/MyDokumente/RomeoEnJuliet.pdf wees (ligging: lokale rekenaar; metode: gewone lêer wat oopgemaak kan word).

Voorbeelde

[wysig | wysig bron]

Absolute URI's

[wysig | wysig bron]

URI-verwysings

[wysig | wysig bron]
  • http://voorbeeld/resource.txt#frag01
  • http://erens/absolute/URI/met/absolute/verwysing/na/teks.txt
  • /relatiewe/URI/met/absolute/verwysing/na/teks.txt
  • relatiewe/pad/na/bron.txt
  • ../../../teks.txt
  • teks.txt
  • /teks.txt#fragment01
  • #fragment01