USC Paloma Hamburg
Volledige naam | Uhlenhorster Sport Club Paloma Hamburg von 1909 e.V. |
Stigtingsdatum | 1909 |
Tuisveld | Jonny Rehbein Sportplatz, Hamburg |
Kapasiteit | 2 000 |
Kompetisie | Oberliga Hamburg |
USC Paloma Hamburg is 'n sportklub uit die stadstaat Hamburg in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir gimnastiek, pluimbal, basketbal, handbal, tafeltennis en kanovaart.
Die klub is in Augustus 1909 gestig as Schlagballverein Sport Club Paloma Hamburg. In 1914 is daar met Uhlenhorster Sport Club 1911 saamgesmelt en in 1928 het Sportvereinigung Phöbus-Meteor 1920 Hamburg by die klub aangesluit.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die klub tydelik saamgesmelt met Sportverein Uhlenhorst-Herta 1911 en Sport Club Urania Hamburg as Barmbecker Sportgemeinschaft. Die klub het op die hoogste vlak meegeding in die Gauliga Nordmark en later die Gauliga Hamburg. Na die oorlog het die klubs weer hulle eie gang gegaan.
Die klub het in 2002 die hoofrondte van die DFB-Pokal gehaal, waar hulle in die eerste rondte deur 1. FC Kaiserslautern uitgeskakel is.
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike klubwerf Geargiveer 18 Julie 2009 op Wayback Machine
Oberliga Hamburg 2009/10-seisoen | |
Altona 93 - HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – TSV Buchholz 08 – |