USS George Washington (SSBN-598)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
USS George Washington (SSBN-598)

Die USS George Washington was 'n kernaangedrewe duikboot van die Amerikaanse Vloot en die eerste duikboot ooit wat ballistiese missiele gedra het. Die George Washington was nie 'n doelgerigte ontwerp nie, maar was omgebou vanaf die eerste USS Scorpion en later as die George Washington hernoem; die klas is ook na die duikboot vernoem. Die Scorpion was in twee gesny en verleng met 39,6 m om sestien missiele te kan dra.

Die duikboot is in Junie 1960 deur Electric Boat Company voltooi en op 20 Julie 1960 is die eerste ballistiese missiel suksesvol afgevuur vanuit die water. 'n Tweede missiel is 'n uur later afgevuur. Die missiel tref die teiken suksesvol na 'n tog van 1 770 km. Twee weke later is alle toetse voltooi en die duikboot vertrek na Charleston waar 'n vol vrag van 16 missiele aan boord geneem word. Die 16 missiele het meer slaankrag gehad as die totale bomme wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog ontplof het.

Die duikboot voltooi sy eerste patrollie van 66 dae onderwater op 21 Januarie 1961, en daarmee begin die duikboot se lewensloop van patrollies. Dit lê 160 934 km af oor vier jaar voordat die kernbrandstof aan boord vervang moet word.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Besonderhede van die USS George Washington:
Item Statistiek
Verplasing (oppervlak) 5 512 metrieke ton
Verplasing (onderwater) 6 424 metrieke ton
Lengte 116,43 m
Breedte 10,0 m
Aandrywing (oppervlak en onderwater) Westinghouse S5W kernreaktor
Spoed (oppervlak) 20,0 knope
Spoed (onderwater) 24,0 knope
Bemanning 120
Wapens 16 Polaris-missiele

6 × 21 duim (530 mm) torpedobuise

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2