Uilnewel
Voorkoms
Uilnewel | ||||
Messier 97, of die Uilnewel. | ||||
Soort newel | Planetêre newel | |||
Sterrebeeld | Groot Beer | |||
Messier-naam | Messier 97 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 11h 14,8m | |||
Deklinasie | +55º 01' | |||
Skynmagnitude (m) | 9,9 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 2 600 | |||
Skynbare grootte | 3,4' × 3,3' | |||
Ander name | ||||
NGC 3587 | ||||
|
Die Uilnewel (ook bekend as Messier 97 of NGC 3587) is ’n planetêre newel in die sterrebeeld Groot Beer. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
M97 word beskou as een van die mees ingewikkelde planetêre newels. Die sentrale ster, met ’n skynbare helderheid van 16 mag, het ’n massa van sowat 0,7 keer dié van die Son en die newel self se massa is sowat 0,15 sonmassa. Die newel is sowat 6 000 jaar oud.
Die naam van die newel kom van sy uilagtige "oë" wanneer dit op ’n donker nag deur ’n groot teleskoop gesien word. Die oë kan ook duidelik op foto's van die newel gesien word.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Calar Alto-sterrewag Geargiveer 24 Mei 2011 op Wayback Machine
- SEDS: Messier 97
- NightSkyInfo.com
- Uilnewel op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Uilnewel.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia