Varswater-dikkop

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Varswater-dikkop
Bewaringstatus
Nie geëvalueer (IUBN 3.1)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Gobiidae
Genus: Awaous
(Valenciennes, 1837)[1]
Spesie: A. aeneofuscus
Binomiale naam
Awaous aeneofuscus
(Peters, 1852)[2]

Die Varswater-dikkop (Awaous aeneofuscus) is 'n varswater vis wat voorkom in riviere en strandmere aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Freshwater goby.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die stertvin is bolrond en die vis is bruin of groenbruin met donker bruin vlekke en golwende strepe op. Daar is twee bruin strepe wat na vore op die vis se kop strek. Die stert is vol donker kolle en die vis word tot 260 mm lank.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis leef in poele en vloeiende water gewoonlik oor sanderige bodems waar hy homself begrawe sodat net die oë en kop uitsteek. Die vis vreet ongewerweldes.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Cuvier, G. & A. Valenciennes 1837. Histoire naturelle des poissons. Tome douzième. Suite du livre quatorzième. Gobioïdes. Livre quinzième. Acanthoptérygiens à pectorales pédiculées. Hist. Nat. Poiss. v. 12: i-xxiv + 1-507 + 1 p., Pls. 344-368.
  2. Catalogue of Life (en)

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]