Verdrag van Saragossa
Die Saragossalyn van 1529 het die destyds bekende wêreld tussen Portugal en Spanje verdeel.
Alhoewel dit toe al bekend was dat die aarde rond is, het die Verdrag van Tordesillas slegs voorsiening gemaak vir ‘n wesgrens. Dit het ‘n 25 jaar later belangrik geword toe Ferdinand Magellaan weswaarts via Kaap Hoorn, die Straat van Magellaan die Stille Oseaan met sy Roaring Fourties na Asië oorgesteek het. Daar bots toe die belange van Portugal en Spanje, want in 1494 is ooreengekom dat Spanje reg gehad het op die see en land varende weswaarts en Portugal netso maar ooswaarts. ‘n Blote verlenging van die Tordesillas-lyn via die pole oor die hele aardbol as kompromis was vir alle partye nie aanvaarbaar nie.
Op 22 April 1529 is die Verdrag van Saragossa deur koning Johan III van Portugal en keiser Karel V van Kastilië in die stad Saragossa, die hoofstad van Aragon (teenswoordig ‘n deel van Spanje) onderteken. Dit het die Saragossalyn vasgestel op die lengtelyn van ±140° oos en 297½ leugas oos van die Molukke, die eilande wat die verskaffers was van neutmuskaat en naeltjies. Portugal het so in besit gekom van ‘n 191 lengtegrade van die aardbol (uitsluitende Europa) en Spanje 169. ‘n Juiste afbakening was nie moontlik nie, want die korrekte bepaling van lengtegrade, en dus die presiese ligging van die Tordesillaslyn, was onseker. Portugal kry so beheer oor alle lande en seë wes van hierdie lyn, dus insluitende die grootste deel van Asië. Aan Spanje is die grootste deel van die Stille Oseaan toegeken, maar ook die reg om in die Filippyne handel te dryf.
Karel V het voortdurend geld nodig gehad vir sy oorloë in Europa. Hy het hierdie verdrag as ‘n goeie oplossing vir sy finansiële probleem beskou. Hy is in 1526 met die Portugese prinses Isabella getroud en het met die ongelyke verdeling van die aardbol tot sy nadeel ingestem toe die Portugese hom 350000 goue dukate as vergoeding aanbied.
‘n Poging deur Karel V in 1542 om die Filippyne te koloniseer misluk, alhoewel hy vermoed dat die Portugese hulle daarby sou berus het. Sy seun Filips II van Spanje slaag egter wel daarin.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- library.princeton.edu
- the-map-as-history.com