Verlatekloofpas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Verlatekloofpas
Ligging van Verlatekloofpas op 'n kaart (Noord-Kaap)
Verlatekloofpas
Verlatekloofpas
Koördinate: 32°32′37″S 20°36′48″O / 32.54361°S 20.61333°O / -32.54361; 20.61333Koördinate: 32°32′37″S 20°36′48″O / 32.54361°S 20.61333°O / -32.54361; 20.61333
Ligging Suid van Sutherland.
Maksimumhelling 1:10
Hoogte 1 584 m
In Roggeveldberge
Pad R354

Verlatekloofpas is 'n bergpas oor die Roggeveldberge suid van Sutherland op die R354 na Matjiesfontein. Die pas bereik 'n hoogte van 1 584 m en 'n helling van 1:10.

Die pas is deel van die eerste pad van die Kaap na die noorde. Hierdie roete het gegaan oor die huidige Michellspas, Ceres, Karoopoort, deur die Tankwa Karoo, en dan deur die Verlatekloof na die huidige dorp Sutherland. Die Duitse plantkundige Hinrich Lichtenstein‎ het hierdie roete gevolg in 1805 en na die ontdekking van diamante by Kimberley was dit deel van die grootpad wat deur die poskoetse na die Noorde gevolg is.

Sien ook[wysig | wysig bron]