Vivian Frederick Maynard FitzSimons

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Vivian Frederick Maynard FitzSimons
Gebore (1901-02-07)7 Februarie 1901
Pietermarizburg
Oorlede 1 Augustus 1975 (op 74)
Pretoria,
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep Herpetoloog, dierkundige

Vivian Frederick Maynard FitzSimons is in Pietermaritzburg gebore, hy was 'n Suid-Afrikaanse herpetoloog wat later as direkteur van die Transvaalse museum aangestel is.[1]

Gedurende sy tyd het hy ook bygedra tot die versameling van plante vir die "Nasionale Herbarium" wat nou deel is van die "South African National Biodiversity Institute" by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine. In 1937 het hy, saam met Anna Amelia Obermeyer, van die eerste plantmonsters vanuit die Oostelike Hooglande van Rhodesië versamel.

Tesame met with Charles Koch[1] het hulle die Namib Desert Research Institute in Gobabeb gevestig.

Die FitzSimons-familie[wysig | wysig bron]

Vivian FitzSimons kom uit 'n gesin van natuurkundiges, sy pa, Frederick William FitzSimons, en sy ma Patricia Henrietta (née Russell) het albei in 1881 uit Ierland na Suid-Afrika getrek.

Desmond Charles Fitzsimons was sy broer, en hy het in 1939 die Fitzsimons Snake Park in Durban oopgemaak. Hy was ook 'n bekende verspreider van teengifmiddels.

Vivian FitzSimons was in Hoërskool Grey in Port Elizabeth op skool gewees.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 "FitzSimons, Vivian Frederick Maynard (1901–1975)". Besoek op 16 Oktober 2014.