Vlag van Burkina Faso

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van Burkina Faso
Vlag van  Burkina Faso
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 2:3
Goedgekeur 4 Augustus 1984
Ontwerp ’n Horisontale tweekleurige vlag van rooi (bo) en groen (onder) met ’n geel ster in die middel

Die nasionale vlag van Burkina Faso is op 4 Augustus 1984 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale tweekleur in groen (bo) en rooi (onder) met ’n vyfpuntige geel ster in die middel van die vlag.[1]

Simboliek[wysig]

Die kleure groen, rooi en geel is die Pan-Afrika kleure. Toe die vlag aanvaar is in 1984 moes hierdie kleure simboliseer dat Burkina Faso haar koloniale verlede agtergelaat het om ’n eenheid met Afrika te vorm.[2]

In die Burkinese vlag het die drie kleure ook elk ’n afsonderlike betekenis. Rooi stel die sosialistiese revolusie voor, groen stel die rykdom van die landbou en die vreugde wat die mense oplewer, voor en die geel ster stel die leidende lig van die kommunistiese revolusie wat in 1983 plaasgevind het, voor.[2] Smith gee ’n ander simboliese betekenis vir die kleure: Die rooi simboliseer die land se stryd om selfstandigheid, die groen simboliseer hoop en oorvloed en die geel simboliseer Burkina Faso se minerale rykdom.[3]

Ontwerp[wysig]

Die rooi en groen bane neem elk die helfte van die hoogte van die vlag in. Die ster, wat presies in die middel van die vlag is, het ’n deursnee wat gelyk is aan een derde van die hoogte en twee negendes van die wydte vlag is.[4]

Ander vlae[wysig]

Die oorspronklike vlag van Bo-Volta wat met onafhanklikheid aanvaar is, het drie horisontale bane met swart, wit en rooi gehad. Hierdie kleure het die drie groot takriviere van die Voltarivier wat deur die suide van die land vloei: die Swart Volta, Wit Volta en Rooi Volta. Die huidige vlag is aanvaar na die staatsgreep in 1983 wat Thomas Sankara se bewind tot gevolg gehad het.[3]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Flag of Burkina Faso”. The World Factbook. CIA. URL besoek op 2008-07-15.
  2. 2,0 2,1 (en) Burkina Faso by Flags of the World, URL besoek op 24 Desember 2007.
  3. 3,0 3,1 Whitney Smith (2002). Flag Lore Of All Nations. Millbrook Press, 21. ISBN 0761317538. 
  4. (en) Burkina Faso: nasionale vlagontwerp besonderhede, URL besoek op 26 Desember 2007. Die ontwerpbesonderhede is vasgelê deur Presidensiële Dekreet No. 97-457/PRES/GC van 30 Oktober 1997, uitgegee in Journal Officiel du Faso No. 45, 1997, artikel 1.
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.