Voëlnesvaring

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Voëlnesvaring
Ook: Asplenium nidus
Bewaringstatus
Status TNC G5 af.svg
Veilig (NatureServe)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Pteridophyta
Klas: Polypodiopsida
Orde: Polypodiales
Familie: Aspleniaceae
Genus: Asplenium
Spesie: A. nidus
Binomiale naam
Asplenium nidus
(L.)[1]
Sinonieme
  • Asplenium antiquum Makino
  • A. australasicum (J.Sm.) Hook.
  • A. ficifolium Goldm.
  • Neottopteris mauritiana Fée
  • N. musaefolia J.Sm.
  • N. nidus (L.) J.Sm.
  • N. rigida Fée
  • Thamnopteris nidus (L.) C.Presl

Sinoniemebron: Tropicos[2]

Die voëlnesvaring of Asplenium nidus is ’n spesie varings in die familie Aspleniaceae en is inheems aan die tropiese Suidoos-Asië, Oos-Australië, Hawaii, Polinesië, Indië en Oos-Afrika.[3]

Met ’n minimum temperatuur van 10 ºC gedy die varing in die gematigde temperature van die streke hierbo of as ’n huisplant.[4]

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Voëlnesvarings in ’n tropiese woud in Oos-Timor.

Die varing vorm groot, eenvoudige blare wat byna soos piesangblare lyk. Hulle is tussen 50 en 150 cm lank en tussen 10 en 20 cm breed. Hulle is liggroen met ’n leeragtige tekstuur, dikwels gekreukel, met ’n verhewe bruin hoofaar wat veral aan die agter- en onderkant van die blare prominent is. Spore ontwikkel in die sporehopies aan die onderkant van die blare. Dié sporehopies vorm lang rye wat van die hoofaar af uitstrek agter op die buitenste deel van die blaar. Die blare rol terug namate hulle bruin word en skep ’n groot blaarnes.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die voëlnesvaring kan óf ’n lugplant wees wat op boomtakke en -stompe groei óf in die grond geplant word, maar groei gewoonlik op organiese materiaal. Dit hou van warm, vogtige gebiede in gedeeltelike tot volle skadu.

Probleme[wysig | wysig bron]

Dopluise kan voorkom. Dowwe, swart of verrimpelde blare kan veroorsaak word deur die verkeerde temperatuur, te veel sonlig, te min water of swak ventilasie.[5]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1.  Asplenium nidus is die eerste keer beskryf en gepubliseer in Species Plantarum 2: 1079. 1753. "Name - !Asplenium nidus L.". Tropicos. Saint Louis, Missouri: Missouri Botaniese Tuin. Verkry op 3 November 2011. 
  2. "Name - !Asplenium nidus L. synonyms". Tropicos. Saint Louis, Missouri: Missouri Botaniese Tuin. Verkry op 3 November 2011. 
  3. Germplasm Resources Information Network (14 April 1995). "Asplenium nidus information from NPGS/GRIN". Taxonomy for Plants. National Germplasm Resources Laboratory, Beltsville, Maryland: USDA, ARS, National Genetic Resources Program. Verkry op 3 November 2011. 
  4. (2008) RHS A-Z encyclopedia of garden plants. United Kingdom: Dorling Kindersley. p. 1136. ISBN 1-4053-3296-4. 
  5. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]