Vrye sagteware

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Vrye sagteware verwys na sagteware wat vry is eerder as wat dit gratis of verniet is (alhoewel laasgenoemde ook dikwels op vrye sagteware van toepassing is). Die gebruiker het die vryheid om die sagteware te gebruik, te kopieer, te versprei, te bestudeer, te verander of te verbeter.

Die vier vryhede van vrye sagteware is:

  • Die vryheid om die program vir enige doel te gebruik.
  • Die vryheid om die program se werking te bestudeer en na gelang van jou behoeftes te verander.
  • Die vryheid om die program te versprei om ander te help.
  • Die vryheid om die program te verbeter, en met die verbeteringe aan die publiek vry te stel, sodat die hele gemeenskap daarby kan baatvind.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]