Wêreld Bofbal-Sagtebal Konfederasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Sjabloon:Use dmy dates Sjabloon:Infobox Organization

Die Wêreld Bofbal-Sagtebal Konfederasie (WBSC; Frans: Confédération internationale de baseball et softball) is die internasionale beheerliggaam vir die sporte van bofbal en sagtebal.

Dit was in 2013 gestig deur die versmelting van die Internasionale Bofbal Federasie (IBAF) en die Internasionale Sagtebal Federasie (ISF), die voormalige beheerliggame vir respektiewelik bofbal en sagtebal.

Onder die WBSC se organisatoriese struktuur, dien IBAF en ISF nou as onderskeidelik die Bofbal Afdeling en die Sagtebal Afdeling van die Wêreld Bofbal-Sagtebal Konfederasie.

Elke afdeling word beheer deur 'n Uitvoerende Komitee, terwyl die WBSC beheer word deur 'n Uitvoerende Raad.

Met die liggaam se hoofkwartier in Lausanne, Switserland, was die WBSC erkenning gegun as die enigste bevoegde globale gesagsliggaam vir beide die sporte van bofbal en sagtebal deur die Internasionale Olimpiese Komitee tydens die 125ste Sessie van die IOK op 8 September 2013.

Die WBSC het 208 Nasionale Federasielede in 141 lande in gebiede regoor Asië, Afrika, die Amerikas, Europa en Oseanië. Professionele bofbal organisasies sowel as jeug organisasies is ook deel daarvan en vorm 'n arm van die WBSC as Assosiaat Lede.

As die erkende beheerliggaam in bofbal en sagtebal, word die WBSC gelas met die toesighoudende rol oor alle internasionale kompetisies en hou dit die eksklusiewe regte van alle kompetisies, toernooie en wêreldkampioenskappe waarin Nasionale spanne speel. Hierdie regte sluit ook die Olimpiese spele in, met bofbal en sagtebal wat in 2020 terugkeer vir die 2020 Olimpiese spele.

Die Wêreld Bofbal-Sagtebal Konfederasie se lede behou die regte voor om hul nasionale spanne te organiseer en die spelers daarvan te verkies. Die eksklusiewe bevoegdheid van die WBSC en van sy lede in elke samestellende land, om die sport van bofbal te sanksioneer en te reguleer is van toepassing in die 141 gebiede waarin die WBSC beskik oor 'n geassosieerde nasionale federasie.

Gesprekke om die internasionale beheerliggame van bofbal en sagtebal te versmelt was geïnisieer deur 'n Memorandum van Verstandhouding waardeur die leiers van bofbal en sagtebal ooreengekom het om 'n gesamentlike bod te vorm om deel te vorm van die 2020 Olimpiese Spele se program.[1][2]

Notas[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. name="ESPN - 17Dec2012 - Baseball, softball agree on name">"Baseball, softball agree on name". ESPN Olympics. ESPN. 17 December 2012. Besoek op 24 August 2013. 
  2. Linden, Julian (8 September 2013). "Baseball-softball vow to fight on after Olympic rejection". Reuters. Besoek op 18 Januarie 2014.