Wêreldwye web

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Wêreldwye Web)
Spring na: navigasie, soek
Tim Berners-Lee, wat die wêreldwye web ontwerp het (2009).

Die Wêreldwye web (afgekort as WWW of W3,[1] algemeen bekend as "die web" of die "inligting supersnelweg"), is 'n globale stelsel van geskakelde HTML-bladsye wat oor die Internet gelees kan word. 'n Webblaaier word gebruik om hierdie webbladsye wat teks, prente, beelde en video's bevat oop te maak. Deur op die skakels in die bladsye te kliek kan daar van een 'n volgende bladsy genavigeer word.

Die web is in 1989 deur Tim Berners-Lee by CERN in Geneva, Switserland ontwerp. Sir Tim Berners-Lee het 'n nuwe taal, genaamd HTML geskep. Webwerwe is saamgestel uit bladsye wat in HTML geskryf is.

Webblaaie wat nie op die Internet beskikbaar is nie, is nie deel van die Wêreldwye web nie.

Om die wêreldwye web te sien het mens 'n rekenaar of selfoon nodig wat oor 'n webblaaier beskik. Daarnewens het mens het ook toegang tot die Internet nodig.

Verwysings[wysig]