W. A. Maree

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Willem Adriaan Maree

Minister van Openbare Werke, Maatskaplike Welsyn en Pensioene
Eerste minister John Vorster

Minister van Binnelandse Sake
Eerste minister Hendrik Verwoerd

Leier van die Nasionale Party in Natal

Persoonlike besonderhede
Gebore 7 Augustus 1920
Brandfort
Sterf 26 Mei 1980 (op 59)
Politieke party Nasionale Party
Eggenoot/-note M.M.M. Jansen van Rensburg
Alma mater Universiteit van Stellenbosch

Willem Adriaan Maree (gebore op 7 Augustus 1920 in Brandfort, Suid-Afrika en oorlede op 26 Mei 1980) was 'n Suid-Afrikaanse boer en politikus, leier van die Nasionale Party in Natal, lid van die Volksraad vir die kiesafdeling Newcastle (1948-1968) en lid van die Verwoerd- en die Vorster-kabinette.

Biografie[wysig | wysig bron]

Willie Maree is in 1945 getroud met Martha Maria Magdalena Jansen van Rensburg, hulle het 'n seun en 'n dogter gehad. Maree het in 1948 die kiesafdeling Newcastle met 'n klein meerderheid gewen in 'n provinsie waar die opposisie-Verenigde Party die oorhand gehad het. Hy was toe slegs 27 jaar oud en word die jongste parlementslid. Hy het in die 1950's en 1960's 'n belangrike figuur in die Nasionale Party geword en die party in Natal gelei. Hy was lid van die komitee vir Binnelandse Sake in die parlement van 1954 tot 1958 en het in 1958 by die kabinet van H.F. Verwoerd aangesluit as Minister van Bantoe Onderwys.

Maree bedank in Augustus 1968 die pos van Minister van Openbare Werke, Maatskaplike Welsyn en Pensioene om gesondheidsredes.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Four quit Vorster's cabinet". The Montreal Gazette. 9 Augustus 1968. Besoek op 7 Mei 2021.