Weskus-steenbras

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Weskus-steenbras
Weskussteenbras met parasitiese isopode
Bewaringstatus

Status iucn3.1 NT af.svg
Byna bedreig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Sparidae
Genus: Lithognathus
Spesie: L. aureti
Binomiale naam
Lithognathus aureti
(Smith, 1962)[1]

Die Weskus-steenbras (Lithognathus aureti) is 'n endemiese vis aan Suider-Afrika wat voorkom van Angola tot by Kaapstad maar is skaars suid van Namibië. In Engels staan die vis bekend as die Westcoast steenbras.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis se lyf is silwer met sewe vertikale donder strepe wat met ouderdom verdof en die kop is silwergrys. Die pens is wit met 'n donker kol aan die bokant van die pektorale vin se basis. Die vis word 1.2 m lank en 17 kg swaar.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis verkies sanderige bodems vanaf die strand tot 10 m diep water. Die onvolwasse visse kom naby die strand voor. Die wyfie skiet kuit van Oktober tot Februarie. Dit is 'n gewilde eetvis en belangrike kommersiële vis in Namibië. Die vis kan verwar word met die Sandsteenbras.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]