Westfield Stratford City

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Westfield stratford city.jpg

Westfield Stratford City

Stratford, Londen
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk


Opening

13 September 2011


Bestuurder

Westfield Corporation


Aantal winkels en diensverskaffers

350


Ankerhuurders

London MMB »169 Westfield Stratford City.jpg

Marks & Spencer
John Lewis
Waitrose


Totale verhuurbare winkelruimte

175 000 m2


Aantal verdiepings

3


Webtuiste
stratfordcity

Westfield Stratford City is 'n winkelsentrum in Stratford, Londen. Met 'n totale verhuurbare winkelruimte van 175 000 m2 is die sentrum, wat op 13 September 2011 geopen is, een van die grootstes van sy soort in Europa. Dit is die derde grootste winkelsentrum in die Verenigde Koninkryk volgens verhuurbare winkelruimte na die Intu Metrocentre in Gateshead en die Trafford Centre in Groter Manchester. As ook die omliggende winkels ingereken word, is Westfield Stratford City selfs die grootste winkelsentrum in die Europese Unie.[1]

Westfield Stratford City
'n Greater Anglia-trein ry deur Stratford-stasie. Westfield Stratford City (in die agtergrond) word deur treine en busse met ander dele van Londen verbind

Westfield Stratford City is naby die Queen Elizabeth Olympic Park, East Village en Stratford se streek- en internasionale treinstasie geleë en maak deel uit van 'n groot ontwikkelingsprojek wat as Stratford City bekend staan. Volgens die ontwikkelaars lewer die sentrum 'n belangrike bydrae tot die plaaslike ekonomie deur die skepping van tot 10 000 permanente werkgeleenthede, waarvan 2 001 werkgeleenthede vir inwoners van Stratford. Nogtans is daar berigte dat die sentrum met sy groot winkelkettings en twee afdelingswinkels, John Lewis en Marks & Spencer, 'n negatiewe impak op winkels in die omgewing het.[2]

Westfield Stratford City is een van twee groot winkelsentrums wat deur die Australiese Westfield Corporation in die Britse hoofstad bedryf word. Die ander sentrum, Westfield London, is in Shepherd's Bush in Wes-Londen geleë.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]